Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 50

MENSLIKE HULPBRONNE Moderne boerderye belê in trekkeropleiding Teen 2030 sal selfaangedrewe trekkers en stropers ’n algemene gesig op plase wees. Plaaspersoneel gaan egter nog vir minstens die volgende dekade trekkers bestuur, wat beteken dat die menslike faktor steeds ’n impak op koste-effektiwiteit gaan hê.  Deur Emmie Pietersen Direkteur: Peritum Groep D ie tyd- en arbeidsintensiewe take wat tans deur trekkerope­ rateurs op plase verrig word, sal in die toekoms deur ma­­ sjinerie en robotte verrig word, teen laer koste en met groter akkuraatheid. Goldman Sachs berig dat dit so min as R35 000 kan kos om motors wat tans in gebruik is, op te gradeer om dit bestuur­ derloos te hanteer. Landboutoerusting kan teen vergelykbare relatiewe lae koste ook outonoom gemaak word. Goeie nuus is dat dit nie net vir groot en gesofistikeer­ de toerusting geld nie, maar toenemend meer vir veral kleiner toerusting en agri-ro- botte, juis omdat hierdie toerusting minder grondkompakteringskade aanrig. Navorsing dui daarop dat hierdie kleiner vloot van geoutomatiseerde trekkers tot 10% groei in opbrengsverwante inkomste teweeg kan bring en uit die aard van die saak arbeidskoste drasties kan verlaag. Moderne, gerekenariseerde toerusting sal teen 2050 soveel as ’n 70% toename in agri-opbrengste tot gevolg hê. Die toekoms is opwindend, maar vir die volgende 12-15 jaar sal masjinerie en veral trekkers in Suid-Afrika nog steeds deur ons plaaspersoneel bestuur moet word en sal die menslike faktor steeds ’n impak op die koste-effek­tiewe aanwending en instand- houding van relatiewe duur tegnologie asook die veilig­heid van mense hê. DIE NUGTERE FEITE Trekkers is steeds die hoofoorsaak van ongeluksverwante sterftes op plase. In Suid-Afrika is slegs 20% van die nasionale padnetwerk van 750 000 km geteer en 80% van roetes word deurlopend deur trekkers gebruik, wat beteken dat ander padgebruikers ook aan potensiële gevare blootgestel is. Die mees algemene trekkerverwante ongelukke wat aangemeld word, sluit in: • Handhaaf nie veilige spoed nie. Soveel as 20% van insidente vind plaas tydens die rit van die stoor na die land of veld. • Verontagsaming van padreëls. • Misrekening met hellings, veranderde grondoppervlak en vragladings. • Bestuurders wat in stadigbewegende, swak sigbare trekkers vasry met sons­ ondergang/opkoms. • Verstrengeling in PTO’s. • Afval van trekker of sleepwa. Redes om werkers in die gebruik van trekkers en toerusting op te lei • Opgeleide werknemers neem groter verantwoordelikheid vir hul taak en vir die versorging van toerusting. • Alle werkgewers in Suid-Afrika is wetlik verantwoordelik vir die veiligheid van hul personeel. • Semi-geletterde werknemers wat gesertifiseerde opleiding deurloop, is meer gemotiveerd en trots op hul werk. • Tegnologie word deurlopend meer gesofistikeerd en die optimale en effektiewe aanwending daarvan vereis basiese opleiding van die operateur. • Die dienste van opgeleide personeel is meer in aanvraag - ’n belangrike bydrae wat boere kan maak om werk- loosheid in Suid-Afrika te bekamp binne die landbouomgewing. PERITUM AGRI-INSTITUUT* Die Peritum Agri-Instituut is reeds die afgelope ses jaar die voorkeur trekkerope­ rateur-opleidingsverskaffer van John Deere in Afrika. Meer as 2 900 operateurs is in Uganda, Kongo, Nigerië, Zambië, Suid-Afrika, Swaziland, Kenia, Tanzanië, Ghana en Zimbabwe opgelei en sluit plaaswerkers, boere en kontrakteurs in. WAT BEHELS TREKKEROPERATEUR­ OPLEIDING?  Wetlike bepalings vir die bestuur van trekkers op openbare paaie  Algemene trekkerinstandhouding  Veilige hantering van trekkers  Effektiewe trekkerhantering teen hellings  Daaglikse trekkerinstandhouding en monitering  Veiligheid tydens brandstofinname  Veilige aanhaak van implemente Die opleiding word in een dag gedoen. Indien u ook planter- en spreieropleiding wil byvoeg, word die program oor twee dae aangebied. Vir meer inligting besoek Peritum Agri Institute by www.peritumagri.com. *Die Peritum Agri Instituut: Trekker­operateur­opleidingsprogram is geakkrediteer by die AGRI SETA en ’n bevoegdheidsertifikaat word uitgereik teen eenheidstandaard nr. 116820 met 10 krediete. Hierdie sertifikaat word deur die meeste agentskappe as voldoende beskou vir jong boere wat in Amerika as kontrakteurs op plase wil gaan werk. Dit word ook deur die meeste agentskappe aanvaar as voldoende bewys vir spesiale uitvoerregulasies wat trekkeroperateursopleiding vereis 48 SENWES