Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 44

LANDBOUKUNDIG

Veerkragtigheid ten opsigte van landbou- en watervolhoubaarheid

Op pad na 2025

Landbou het ons natuurlike wêreld meer as enigiets anders omvorm . Ten einde voedsel te kan produseer , word groot hoeveelhede water benodig . Indien die tendense in waterverbruik vir die produksie van voedsel sou voortduur , staar ons ’ n toekomstige krisis in die gesig . Dit is nader as wat ons dink .
� Deur Yolandi Schoeman Ecological Engineering Institute of Africa

Suidelike-Afrika is die tweede streek in die wêreld wat deur ’ n uitmergelende watertekort gekonfronteer word . Daarbenewens word Suid-Afrika as ’ n semi-woestynstreek geklassifiseer . Toekomsvoorspellings vir Suid-Afrika sluit in meer wisselvallige weerpatrone en reënval wat meer ongereeld en intens sal voorkom .

Daar word voorspel dat Suid-Afrika teen 2025 fisiese watertekorte sal ondervind , en in sekere gevalle selfs ’ n gebrek aan water , wat groot druk op landbou sal plaas om meer effektief te word .
Slegs 12 % van Suid-Afrika is geskik vir die oesproduksie wat net op reënval staatmaak vir water , en produktiwiteit is afhanklik van reënval . Besproeiing benodig sowat 63 % van die totale waterverbruik in Suid- Afrika en 1,1 % van Suid-Afrika se totale grondoppervlakte is onder besproeiing .
Landboubesigheid is ’ n uitdagende besigheid en word meestal as nie-volhoubaar geag in sover dit die bewaring van natuurlike hulpbronne aangaan . Meer waterwys , innoverende denke is nodig in landbou om water meer effektief te ge bruik en te bestuur , om die volhoubaarheid daarvan te bevorder en om te verseker dat landbou oorleef en voorspoedig is tot in die 21ste eeu . Die toepassing van waterbesparings- en aanvraagbestuurspraktyke , ten opsigte van beide besproeiingsoesproduksie en oesproduksie wat op reënwater aangewese is , sal verseker dat die landbousektor ’ n be duidende positiewe effek op die beskikbaarheid van water vir ander sektore het .
Daar is verskeie aksies wat geneem kan word in die landbousektor , wat die aanbod kan verhoog en die vraag kan verlaag .
Ten einde watervoorsiening te verhoog , kan die volgende landboupraktyke toegepas word :
� Verwyder alle uitheemse indringerplante en vervang met inheemse , waterslim plante , veral in vleilande ;
� Bewaar vleilande deur die verwydering van uitheemse indringerplante en beheerde brande en weiding .
� Aanlê van vleilande om landbouafloop water te behandel , wat die beskikbaarheid van water vir beide oeste en lewendehawe sal verhoog en wat die gehalte van vars water ( soutgehalte en voedingstofverryking ) weens landboupraktyke sal verbeter .
� Laat ’ n bufferstrook van ten minste 30-40 m natuurlike plantegroei tussen bewerkte lande en ’ n rivier , en ’ n bufferstrook van 25-70 m rondom ’ n vlei .
Die volgende is ook goeie praktyke en kan geïmplementeer word ten einde die vraag na water te verlaag :
� Bou grondorganiese stowwe op ten einde die verdamping van water te verminder en waterhouvermoë te verhoog .
� Gebruik meer doeltreffende besproeiingstelsels , soos drupbesproeiing , wat ’ n waterbesparing van tot 80 % kan meebring . Maak seker dat gereelde instandhouding gedoen word . Neem die tipe gewas , grondwaterstatus , grond tipe en klimaatstoestande in ag wanneer ’ n besproeiingstelsel ontwerp word .
� Registreer waterverbruik by die Departement van Waterwese , indien nodig .
� Bly op hoogte van jou watervoetspoor en waterbalans deur waterverbruik te meet en boek te hou van werklike waterverbruik .
� Implementeer waterherbenuttingstegnieke en die opvang en bewaring van water waar moontlik .
� Oorweeg die gebruik van droogteweerstandige plant- en dierspesies .
Virtuele water en die uitvoer van water is ook ’ n opkomende waterbestuurstrate gie wat toenemend belangrik sal word in Suid-Afrika in die nabye toekoms . Omgewingsvriendelike landbou is ’ n opkomende ekologiese ingenieursveld wat reeds suksesvol in dele van Suid-Afrika geïmplementeer is ( die suksesstorie van ZZ2 is ’ n voorbeeld hiervan ). Die implementering hiervan groei eksponensieel . Dit is onafwendbaar om meer proaktiewe waterbesparingspraktyke meer aggressief te implementeer op pad na 2025 en daarna en te verseker dat ons landboupraktyke veerkragtiger raak . Veerkragtigheid is uiters belangrik vir die oorlewing van die landbousektor . Dit maak eenvoudig net besigheidsin .
Vir meer inligting Yolandi Schoeman by schoeman . yolandy @ gmail . com .
42
SENWES SCENARIO | LENTE 2018