Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 40

NUUS
Wenakkerbraai by Willie Stols naby Bothaville .
Wenakkerbraai by Willie en Frik Lemmer naby Hartbeesfontein .
Wenakkerbraai by Kobus van Wyk , in die Viljoenskroon-distrik .

Senwes sê dankie met wenakkerbraai

Vanaf Julie 2018 besoek Senwes talle produsente met die eenvoudige boodskap om net dankie te sê .
� Deur Senwes Scenario Joernaliste

Sleutelrekeningbestuurders , heelwerktuigbemarkers , graanverkrygers , areabestuurders , takbestuurders en ondersteuningspersoneel van Senwes sal ‘ n bietjie tyd afstaan om vir ons klante oor die volgende paar weke dankie te sê in die vorm van ’ n wenakkerbraai op hul plase .

Senwes Groep HUB , Francois Strydom , se boodskap is : “ As landbouer is u krities
belangrik vir Suid-Afrika se voedselsekerheid en stabiliteit op die platteland . Om hierdie rede bly Senwes se strategie eenvoudig : om u as klant op ’ n volhoubare basis te ondersteun , sodat u besigheid kan vooruitgaan .
Senwes onderneem om altyd te strewe na oplossinggedrewe besigheid sodat u besigheid maksimum voordeel kan trek en internasionaal kompeterend sal bly . Ek wil jou graag bedank vir jou vennootskap , volgehoue besigheid en ondersteuning aan die Senwes groep . Weereens baie
dankie vir jou ondersteu ning en bydrae tot voedselsekerheid , dit word opreg
waardeer . Bedank asseblief ook al jou werknemers vir hulle bydrae tot die vooruitgang van Senwes , maar ook ons land deur hulle insette .”
Hier is ’ n paar foto ’ s waar Senwes ’ n wenakkerbraai op verskeie produsente se plase gehou het . So sê Senwes dankie .
Nog foto ’ s van die onderskeie wenakkerbraaie : www . senwes . co . za / wenakkerbraai
40
Wenakkerbraai by Ferdie Klopper naby Attie Silo , Kroonstad-distrik .
Wenakkerbraai by Johan de Bruyn naby Hoopstad , Bloemhof-pad .
38
SENWES SCENARIO | LENTE 2018
Wenakkerbraai by Stompie Olivier net buite Ventersdorp .