Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 38

PRODUSENTFOKUS

Simon Tefo

’ n Uitstekende storie om te vertel

Produsent Simon Tefo het ingenieurswese in 2012 vaarwel toegeroep en het nog nie teruggekyk nie .
Senwes se verhouding met produsent Simon Tefo strek oor ’ n periode van vyf jaar . Die gekwalifiseerde siviele ingenieur het sy kantoorwerk in 2012 opgegee vir die oop veld , toe hy finaal die besluit geneem het om sy passie na te jaag en ’ n voltydse kommersiële produsent te word . ’ n Besluit wat hy al sedert 2009 oorweeg .
� Deur Kefiloe Manthata Senwes Kommunikasie Gegradueerde

Simon moes sedertdien baie probleme afweer , maar dit skep die agtergrond vir ’ n storie van triomf oor swaarkry en die beloning vir volharding . Sy verhouding met Senwes oor die afgelope vyf jaar het hom gehelp om nuwe grond te breek en sy boerdery ver bo sy verwagting uit te brei .

Wanneer mens op sy plaas aan die buitewyke van Randfontein in Gauteng rondstap , is dit soos om deur ’ n museum te loop . Aan die een kant van die werf lê baie van sy ou , gebreekte boerderytoerusting . Tefo deel staaltjies met ons oor hoe die een of ander van die boerderytoerusting hom in die steek gelaat het op die mees ongeleë tye oor die jare . Die finansiële hulp van hy van Senwes ontvang het , het Tefo in staat gestel om beter , meer gevorderde toerusting te koop en hy het dus meer effektief en presies kon boer . Tefo straal van trots wanneer hy Scenario wys wat “ sy beste kopie tot dusver ” is . ’ n Voorhaker en leunwa wat hy na sy laaste suksesvolle oes gekoop het . “ Die een is my baba !” sê hy van die groot masjien . “ Dis een kopie wat my lewe soveel makliker gemaak het . Wanneer jy begin boer , skiet jy in die donker en jy doen ’ n klomp swak aankope . Hierdie keer het ek goed gedoen .”
Senwes Scenario het Tefo tydens oestyd besoek . Hy gee dankbaar erkenning aan Senwes se bydrae tot die sukses van sy oes . “ Dis ’ n hoë-risiko bedryf . Jy waag alles ten einde dit te laat gebeur . Senwes het ’ n groot belegging gemaak deur my te ondersteun deur elke uitdaging om seker te maak dat ons almal op die ou einde wen .” Tefo se besigheid het eksponensieel uitgebrei oor die afgelope vyf jaar en lyk of dit selfs meer sal uitbrei . “ Ek is op die punt waar ek groot sukses gaan behaal . Ek diversifiseer en het reeds pluimvee tot my besigheid toegevoeg . Daardie gedeelte groei ook vinnig .” Hy erken dat hy steeds daagliks uitdagings in die gesig staar , maar Tefo is optimisties oor sy toekoms in vennootskap met Senwes .
Sy advies aan jong , ontwikkelende boere is om klein te begin en geleidelik uit te brei en hy moedig hulle aan om raad te vra . “ Senwes het landboukundiges wat gereed is om te help en boere van raad te bedien sodat hulle kan groei . Jong boere moet voordeel trek hieruit .”
Volgens Simon is die sleutel tot ‘ n suksesvolle boerdery om die regte toerusting te bekom .
36
SENWES SCENARIO | LENTE 2018