Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 32

LANDBOUKUNDIG

Avokado

Gebore om uit te staan …

’ n Avokado is beslis nie gemaak om in te pas nie ! Mense vra dikwels of dit ’ n groentesoort is , maar dit is ’ n vrug wat vir ontbyt , middagete of aandete genuttig kan word . Dit word hoofsaaklik in die subtropiese streke van Limpopo en Mpumalanga in Suid-Afrika geproduseer , maar word wêreldwyd geniet .
� Deur Mbali Skosana Senwes Gegradueerde

ZZ2 is een van die grootste avokado produsente in Suid- Afrika . Hul gevestigde handelsmerk vir avokado is “ Afrikado ”, wat kwaliteit , gelykheid , etiese praktyke , ontwikkeling en klantewaarde versinnebeeld .

Afrikado-produksie vind plaas vanaf Januarie tot Desember en 150 000 bome word jaarliks geproduseer . “ Ons doelwit met Afrikado is om ’ n gesonder opsie te voorsien vir die besige individu wat nie baie tyd het om maaltye voor te berei nie ,” sê Tommie van Zyl , HUB van ZZ2 . Daar is baie avokadovariëteite , maar slegs ’ n paar word in Suid-Afrika geproduseer , naamlik die Fuerte , Hass , Pinkerton , Lamb Hass , Reed , Maluma Hass , Ryan en Carmen variëteite . Die Hass variëteit is baie gewild oor grense heen en is be kend vir sy bleek-groen vlees en romerige tekstuur , ovaal vorm , klein tot medium grootte en heerlike smaak !
Jy hoef jouself ook nie meer raak te sny wanneer jy ’ n avokado oopsny nie , omdat die pitlose avokado in die plaaslike mark bekendgestel is . Dit is oorspronklik in Spanje geproduseer , maar maak stadigaan sy merk . Die klein avokado is 5-8 cm in lengte en 1,25 cm in deursnee .
In Suid-Afrika is dit by een van die groot supermarkte beskikbaar en is ’ n bietjie duurder as die gewone avokado .
Avokado ’ s is goeie besigheid en word uitgevoer na Europa , Asië en die Verenigde Koninkryk . Die prys van avokado ’ s wissel , afhangend van die waar jy dit koop . ’ n Avokado wat jy iewers langs die pad koop sal goedkoper wees as een wat in ’ n winkel gekoop is , omdat die een wat in ’ n winkel gekoop is , verskeie kwaliteittoetse en -prosesse deurloop voordat dit die eindverbruiker bereik .
Dit is ’ n mite dat avokado ’ s ’ n mens laat gewig optel . Volgens die Suid-Afrikaanse Avokado Produsente Organisasie , kan avokado ' s deel van ’ n suksesvolle
30
SENWES SCENARIO | LENTE 2018