Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 28

WEN EN KOM FEES SAAM BY AARDKLOP !
NUUS

Senwes en SGS vat hande

Senwes en SGS het ’ n suksesvolle samewerkingsooreenkoms gesluit in terme waarvan die lewering van dienste aan klante van albei entiteite , grootliks verbeter sal word .
� Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur

SGS is die wêreld se grootste verifikasie- , toets- en sertifiseringsorganisasie . SGS is in 1978 gestig en word erken as die

organisasie met die hoogste standaarde van kundigheid , kwaliteit en integriteit , wêreldwyd .
Met meer as 70 jaar se ondervinding in die landbousektor , lewer SGS ’ n breë spektrum van onafhanklike en kwaliteit dienste aan sy klante .
Senwes Groep HUB , Francois Strydom , sê dat die samewerking deel vorm van die maatskappy se strewe na innoverende oplossings . “ Hierdie inisiatief stel Senwes in staat om die beste advies en oplos sings aan sy klante te bied met betrekking tot onafhanklike agronomiese adviesdienste .”
Cobus Burger , Besigheidsbestuurder : SGS - Presisieboerderydienste voeg by : “ Ons is opgewonde om ’ n vennootskap te sluit met een van die land se voorste landboubesighede en terselfdertyd ’ n diens te lewer wat potensieel kan lei tot verhoogde volhoubaarheid van jou oesproduksie . Senwes het nuwe grond gebreek op baie tegnologiese landbougebiede en dit maak goeie besigheidsin vir SGS en Senwes om hande te vat .”
Senwes klante sal , deur hierdie vennootskap , voordeel trek uit spesialiteitsdienste soos :
� Oesinspeksies
� Blaarvoedingaanbevelings
� Grondprofielinspeksies
� Interpretasie van analitiese resultate
� Bestuur van grondvrugbaarheids- en kunsmisaanbevelings
� Veranderlike kunsmis- en plantdigtheidskaarte , voorberei op die basis van voorafopgestelde grond- en opbrengsdoelwitte
� Voedingstofindeks satelliet- en hommeltuigbeelde wat die samestelling van voedingstof-indekskaarte fasiliteer
� Grondtipe- en / of grondchemiese kaarte vir doeleindes van statistiese analise .
Senwes sal op sy beurt die klant in staat stel om toegang te verkry tot en gebruik te maak van :
� ’ n Presisietoepassing - ’ n webgebaseerde dataplatform wat toegang verleen tot alle inligting op die plaas ; virtuele konsultasie en ’ n produksiekalender . Die “ Track me ” eienskap sal die Senwes klant in staat stel om data per geografiese verwysingspunt te bekom en navraag daaroor te doen
� Grondklassifikasie en risikobestuur
� Grond- , blaar- en wateranalise
� Evaluering van ekonomiese lewensvatbaarheid van landbougrond
� Natuurlik gekoppel met toepaslike krediet- en ander oplossings volgens die behoefte van die klant .
Vir meer inligting of versoeke om onderhoude , kontak : Etienne Nel : 083 298 1553 Ian Bothma ( SGS NviroCrop Gebiedsbestuurder ) Ian . Bothma @ sgs . com of Cell : 082 904 4110
WEN EN KOM FEES SAAM BY AARDKLOP !
Dis weer tyd vir Suid-Afrika se gewildste kunstefees . Jip , dis tyd vir Aardklop en Senwes is weer trots om ’ n borg en mediavennoot van Aardklop te wees . Jy kan ook kaartjies wen na van die opvoerings by die fees deur Senwes se Facebookblad te besoek en daar vir die kompetisie in te skryf . Moet dit nie misloop nie ! Aardklop 2-7 Oktober - kaartjies beskikbaar by Ticketpro !
26
SENWES SCENARIO | LENTE 2018