Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 26

JAG Sportskiet Sportskiet is een van die woorde in vuurwapenkringe wat baie gebruik word, en ook ’n baie belangrike vereiste van die Vuurwapenwet vervul.  Deur Jan-Lodewyk Serfontein Verkoopsklerk: Hinterland Wapens, Kroonstad en Jagkenner D ie status van toegewyde sport­skut is iets wat baie van ons verwerf het en wat ons ’n handvol voordele gee rakende vuurwapens. Daar is die afgelope tyd ook baie mense wat aan sportskiet wil deel- neem, en daarom kan ons die status en die sport bespreek. Die aantal mense wat aan skiet as ’n sport deelneem, het dramaties gegroei oor die laaste 10 jaar. Een van die redes vir die groei in deelname is verseker Wet 60 van 2000, wat sekere vuurwapeneie­naars dwing om aan sportskiet deel te neem. Indien ons meer as een wapen van dieselfde kaliber wil besit, vereis die Wet dat ons toegewyde sportskietstatus verwerf, en ons eie gewere gebruik vir sportskiet. So ook kan die meeste van ons aansoek doen vir ’n semi-outomatiese geweerlisensie slegs as jy dit vir sport­ skiet wil gebruik. Daarby maak die Wet voorsiening vir slegs een handwapen vir selfverdediging. Indien jy ’n tweede hand- wapen wil aanskaf, moet jy ’n toegewyde sportskut wees om aansoek te doen vir die tweede handwapen se lisensie. 24 SENWES SCENARIO | LENTE 2018 Indien jy aan sportskiet wil deelneem, sal jy meer ammunisie benodig en gebruik as die gewone geleentheidskut. Daarom laat die Wet jou toe om meer ammunisie aan te koop indien jy die toegewyde sta- tus verwerf het, en die wapen se lisensie onder toegewyde status uitgereik is. Daar is dus ’n paar voordele daaraan verbonde om aan sportskiet deel te neem. Nie net kan jy ’n paar ekstra wapens besit nie, maar jy mag ook meer ammunisie aanhou. Saam met al die voordele van sport­ skiet kom daar ook meer verantwoorde- likhede. Om jou status as ’n toegewyde sportskut te behou, moet jy elke jaar aan ’n aantal skietdae of kompetisies deel- neem. Nie al die sportskietverenigings het dieselfde vereistes vir die toekenning van toegewyde sportskietstatus nie. Verskillende verenigings beoefen ook verskillende skietdissiplines. Daarom is dit belangrik om by die regte vereniging aan te sluit wat die dissipline aanbied waaraan jy graag wil deelneem. Die wet is nie die enigste rede hoekom deelname in sportskiet die laaste paar jaar gegroei het nie. Ons gewere en ander skiet­toerusting se vermoë het oor die laas- te 10 jaar met groot spronge verbeter. Dit het tot gevolg dat skuts nou vinniger, ver­ der en beter kan skiet. En as ons iets wil doen, wil ons gaan kyk of ons dit wel kan regkry. Aangesien skuts die geleentheid by skietverenigings kry om hulle toerusting en hulself te toets en te verbeter, het die aantal sportskuts die laaste 10 jaar baie gegroei. Indien skuts aan sportskiet wil deelneem, moet hulle eerstens besluit oor hulle belangstelling en behoeftes. Verenigings wat jaggeweer sportskiet aanbied, sal nie die handwapen sportskut se behoeftes bevredig nie. Gelukkig is daar 'n groot verskeiden- heid van vereni­gings beskikbaar waarby skuts kan aansluit om hul eie unieke behoeftes te bevredig. Die verskillende verenigings vervul ook verskillende rolle. Ja, hulle is daar sodat ons ’n veilige omgewing het om aan ons sport deel te neem, maar hulle is ook daar om oplei­ ding te verskaf. Indien jy ’n behoefte het om vinniger, verder en beter te skiet, maar jy weet nie waar om te begin nie, is jou naaste Hinterland Wapens jou eerste stop. Hinterland Wapens werk ook nou saam met die verenigings in hulle area en sal alle kontakbesonderhede kan verskaf van die vereniging wat ten opsigte van oplei­ ding jou behoeftes sal kan vervul. Indien jy nie vinniger en verder geskiet kry nie, sal Hinterland Wapens jou ook kan help met nuwe toerusting wat jou hopelik daar sal uitbring.