Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 24

LANDBOUKUNDIG Voorbereiding vir die komende seisoen Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer produsente die masjiene uit die stoor trek en afstof vir die nuwe plantseisoen. Die bul by die horings pak en al die uitdagings en elemente in die gesig staar om weereens die lande voor te berei vir nog ’n jaar se plantseisoen.  Deur Jacques Pretorius Senwes Equipment: Bestuurder Meganisasiedienste M aar wat ’n gemoedsrus dat u dit kan doen met die Senwes Equipment span altyd daar om u by te staan met die nodige toerusting, insette, diens en bystand wat u kan benodig vir ’n suksesvolle plantseisoen. Senwes Equipment ontwikkel tans ’n hele paar produkte om u as klant in die posisie te stel om met die nodige gemoedsrus en kwaliteit diens wat ons u bied, die komende seisoen in te gaan met die versekering dat alles in plek is. SENWES WERKSWINKEL- INSPEKSIEPROGRAM Ons is tans besig met die ontwikkeling van ’n inspeksieprogram – ’n eerste in landbou. U masjien word deurgegaan volgens ’n 150-punt volledig getoetste en vooropgestelde program teen ’n baie redelike fooi. Die voordele wat ons u as klant bied, is gemoedsrus, deur verseker te weet u masjien gee u die nodige “up time” wat u benodig, ’n positiewe groei in u masjien se waarde en masjiene kan regdeur die jaar 22 SENWES SCENARIO | LENTE 2018 geïnspekteer word. ’n Volledige kwotasie word voorsien om al die moontlike probleme wat u masjien mag hê, proaktief op te los. Onnodige staantyd in seisoentyd word verhoed. U masjien word deur ’n John Deere gekwalifiseerde tegnikus deurgegaan en die inspeksie kan op u plaas gedoen word. Kwaliteit diens is te alle tye beskikbaar by u naaste Senwes werkswinkel. JOHN DEERE POWERGARD Nog ’n eerste en nuwe produk is die John Deere PowerGard verlengde waarborg wat ons in samewerking met John Deere aan u bied. Die produk is ’n verlengde waarborg wat u saam met u masjien kan finansier. Die verlengde waarborg wat ons dan op die verskillende masjiene bied, is van 1 tot 5 jaar en ook tot en met 5000 uur. Verskillende pakkette is teen verskillende pryse beskikbaar op al ons John Deere masjiene. U masjien se waarde word positief beïnvloed teen ’n minimale prys. U kan nou ’n verlengde waarborg op al u John Deere masjiene bekom om te verseker u masjien bly aan die loop met gewaarborgde John Deere onderdele en opgeleide vakmanskap. SENWES EQUIPMENT DIENSPLAN En dan, waarvoor almal so lank gewag het, die diensplan wat u saam met u nuwe John Deere produk kan finansier om te verseker dat die dienste van u nuwe masjien vir ’n termyn van 3 jaar of 3 000 uur deur Senwes gedoen word. Die diensplan is beskikbaar vanaf ons 5000, 6000, 7000 en 8000-reeks trekkers tot ons vlagskip 9000-reeks, asook op alle selfaangedrewe John Deere produkte wat u sou aankoop. Dit stel u in staat om u finansiële uitgawes beter te bestuur en moontlike onnodige uitgawes te beperk. Die plan word deur Senwes self bestuur en deur u naaste Senwes werkswinkel uitgevoer in die gerief van u eie plaas met alle moontlike dienskoste gedek. Dit dan in kort die nuwe produkte wat Senwes Equipment u bied om te verseker dat daar na u nuwe masjiene omgesien word en dat die elke masjien ten volle benut word, met die wete dat u ongekende gemoedsrus sal ervaar in die hande van u Senwes Equipment span. Baie sterkte vir die plantseisoen wat voorlê en skakel gerus u naaste Senwes werkswinkel of heelwerktuigbemarker om onnodige teleurstelling te voorkom.