Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 22

LANDBOUKUNDIG Nismark Dadelboerdery Vir produsent wat nuut dink en geduld het Die plant en versorging van die dadelpalm, wat baie gewild in die Midde-Oosteis, is ’n nismark wat Suid-Afrikaanse produsente behoort te ondersoek.  Deur Kefiloe Manthata Senwes Gegradueerde D ie baie voedsame, dekadente vrug, bekend daarvoor dat dit ’n wonderlike bron van energie en onverfynde suiker is, is uiters geskik vir die droë Suid-Afrikaanse klimaat. Dadels is die vrugte van die woestyn- palm. Daar is 220 soorte dadels, maar slegs sowat 20 hiervan is kommersieel lewensvatbaar. Medjool dadels is groot, sag, baie soet en meer arbeidsintensief om te groei en te oes. Dit is een van die gewasse wat in die woestyn groei. Dadelpalms is al beskryf as “die boom van lewe”. Die vrug word uit ’n mediese oogpunt beskryf as die “volmaakte vrug”, aangesien dit ook proteïene, lipiede en koolhidrate bevat en 'n goeie bron van 20 SENWES SCENARIO | LENTE 2018 vesel is. Tot dusver verbou baie min produsente dadels kommersieel in Suid-Afrika. Onder hulle is Pieter Karstens van die Karstens Groep, wat dadels op ’n skilderagtige stukkie grond met die naam Klein Pella, 270 km vanaf Upington in die Noord- Kaap, verbou. Volgens Karstens het die vorige eienaar van die die plaas die dadelsaad na Klein Pella gebring. “Toe ons