Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 16

LANDBOUKUNDIG

Voerbronne op ’ n graanplaas

Wat is die waarde en gebruik vir veeproduksie ?

In die vorige artikel van Vee + graan = ’ n slim keuse , is na verskillende voerbronne verwys wat tipies op ’ n graanplaas geproduseer en vir diereproduksie , spesifiek beesproduksie , aangewend kan word . Hoe kan die waarde van hierdie verskillende voerbronne ten beste benut word ?
� Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige

Ongeag die produksiestelsel wat gekies word , is dit die pri mêre voedingstowwe wat diere nodig het vir produksie , energie , proteïene en minerale . Op ’ n graanplaas word hoofsaaklik voere geproduseer wat energie voorsien in die vorm van grane wat styselryk en ruvoere wat veselryk is . Energie is altyd die belangrikste en duurste komponent van voer en is dit waarom ’ n graanplaas die mededingende voordeel vir diereproduksie het .

VERTEERBAARHEID MAAK DIE VERSKIL Die verteerbaarheid van hierdie voere verskil , wat belangrik is om in ag te neem . Die biochemiese samestelling van die voer bepaal hoe maklik die energie vrygestel en aan die dier vir produksie beskikbaar ge - stel word . Hoe hoër die veselinhoud ( NDF ) hoe stadiger word voer verteer , hoe laer is die daaglikse vrywillige voer- en energie-inname en ook hoe laer is die daaglikse produksie ( groei ). Beeste kan die oesreste wat geproduseer word , verteer en sowat 50 % van die energie wat in mielies of Hominy Chop per kilogram is , daaruit benut . Hominy Chop word as ’ n voerbron genoem omdat dit gewoonlik as ’ n maalproduk in graanproduserende gebiede beskikbaar is . Die styselryke voere kan weer die diere maklik siek maak ( suurpens ) indien dit nie saam met genoeg vesel en in gebalanseerde voer verskaf word nie .
VOERE MOET GEBALANSEER WORD Saam met die energiebronne moet die nodige proteïen ( stikstof ) en minerale ook verskaf word om die voer te balanseer en te verseker dat die voer effektief verteer kan word . Die proteïen- en mineraalbronne kan maklik en koste-effektief aangevul word . Die tipiese voedings waarde van voerbronne wat op ’ n graanplaas gepro-
14
SENWES SCENARIO | LENTE 2018