Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 12

PRODUSENTFOKUS

Martin Janse van Rensburg

ʼn Raakvatter wat buite Derby boer

As jy al ooit ’ n raakvatboer gesien het , is dit beslis Martin Janse van Rensburg . Senwes Scenario het by hom op sy plaas gaan kuier .
� Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario redakteur

Hier is twee dinge ter sprake , Derby en boerdery . Eerstens , waar is Derby ? Knip jou oë en jy gaan dit verseker mis . Derby is geleë op die R509 tussen Magaliesburg en Swartruggens en op die R30 tussen Ventersdorp en Rustenburg in die Noordwes .

Die dorpie is sowat 16 km vanaf Koster , het ontstaan as ' n nedersetting vir die behoeftige mense op die plase Rietfontein en Vlakfontein en is vernoem na die Britse sekretaris van kolonies , Lord Derby .
Dit is juis op een van hierdie einste plase , Rietfontein , waar Senwes Scenario ‘ n draai gaan maak het by ‘ n jong produsent , Martin Janse van Rensburg , slegs enkele kilometers buite die dorp .
En dan boerdery ... Martin het skaars 11 jaar gelede met mielies en suikerbone begin boer . Anders as die deursnee produsent , het hy in ander rigtings as sy voorsate geboer . Sy oupa Tiens ( ook MJ ), was ’ n tabakprodusent en sy pa Dana ‘ n sitrusprodusent by Marikana .
Martin se hande staan vir niks verkeerd nie , en sy vrou Liza kan hiervan getuig . Hy was na skool ‘ n boukontrakteur , het hostelkamers gebou en ook sy hand probeer met die maak van palisades en stene . Toe hulle ontmoet het , het hy ook kikoejoegras geplant . Hier het hy ‘ n vennoot en vriend in Charlie van Schalwyk , saam met wie hy al menige besigheidservarings aangepak het .
Hy het in 2007 die plaas met sy pa se hulp gekoop . ‘ n Klein begin waar hy net meer as 100 hektaar witmielies in die eerste seisoen geplant het , en met 21 koeie wat hy by die vorige plaaseienaar , Frik Harmse , gekoop het , was dit die begin van nog ‘ n avontuur .
En hy het gegroei . Nou , in 2018 , plant Martin al 450 hektaar - 300 hektaar witmielies en sowat 150 hektaar suikerbone en het sy kudde koeie van 21 tot 150 gegroei .
SY RAAD AAN ANDER PRODUSENTE “ Moet nooit iets oorhaastig koop nie . Kyk ook voortdurend uit vir geleenthede , doen goeie navorsing en kyk wat werk en wat nie ." Rakende sy veefaktor glo hy daarin om goeie bulle te koop en goeie genetika te behou . Hy brei sy kudde uit deur kallers en verse terug te hou .
SENWES Hy is vol lof vir Senwes . “ As dit nie vir Senwes was nie , was ek nie vandag waar ek nou is nie ,” verklaar Martin nadat Senwes die enigste instansie was wat hom dadelik kon help , die volgende oggend om 09:00 by hom was en ‘ n week later het hy op sy eie geplant – “ Dis hoe vining dit was .” Hy praat net goed van sleutelrekeningbestuurder , Johann Olivier en besigheidsontwikkelingsbestuurder , Johan Meiring en ander .
“ Senwes is nie verniet een van die groot landboumaatskappye nie . Hulle het uitstekende menseverhoudings en dis baie besonder hoe hulle individueel met elke boer werk .” Die verhouding het hom ook toegelaat om binne slegs drie jaar die grond by sy pa te koop .
‘ n Meevalller was in 2012 / 2013 , toe hy R500 000 in die miljoenrandkompetisie ingepalm het , wat natuurlik baie gehelp het .
MEGANISASIE EN DIE TOEKOMS Hy onthou nog toe hy sy eerste 4-ry planter gekoop het : “ Elke keer as jy ‘ n beter produk kry , dan wonder jy hoe jy daarsonder klaargekom het .” Dit vertel hy nadat hy in 2017 ‘ n 12-ry planter aangeskaf het . In sy woorde : “ Met meganisasie vat jy net wyer , en met presisie-eenhede wat sorg vir een-en- ‘ n-half ton meer per hektaar ." Maar hy voel dat dit nie noodwendig tot minder arbeiders lei nie . Hy het gediversifiseer na suikerbone , wat baie arbeidsintensief is omdat hulle dit met die hand uittrek .
VERHOUDINGS EN BALANS Verhoudings is seker een van dié belangrikste elemente van boerdery - dit tesame met balans . Die twee is die dryfkrag agter goeie en eerlike besigheid . Verhoudings is seker die kruks wanneer onderhandelings plaasvind . Dis hoekom hy sê : “‘ n Boer is nie slegs ‘ n boer nie , ‘ n boer is ‘ n wakker besigheidsman .”
BETROKKENHEID Dit is hoekom betrokkenheid hom na aan die hart lê . Martin is die afgelope vier jaar
12
10
SENWES SCENARIO | LENTE 2018