Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 11

NUUS Senwes Toekomsfokusdag vier vyftien jaar S enwes, in samewerking met die jongboer­komitees van Vrystaat Landbou en Agri Noordwes, asook Graan SA, bied vanjaar die 15de Toekomsfokusdag dag aan. Hierdie gewilde konferensie word op 5 September 2018 te Nampo Park aangebied. Vanjaar word die tema, “Die belangrikheid van persoonlike ontwikkeling in landbou”, bespreek. Dr René Uys van Thinking Fusion Africa, gaan konferensiegangers deur `n lewensverande­ ringsproses neem om hulself te herdefinieer. Omdat persoonlike ontwikkeling vir elke landbouers so krities belangrik is, het die onderskeie jongboerkomitees besluit om suksesvolle produsente te nooi om tydens die konferensie hul lewens­ervaringe te deel. ’n Paneel wat bestaan uit verteenwoordi- gers uit die vee- en graanbedryf en ander permanente gewasse sal deur hul deelname aan ’n insiggewende paneelbespreking hulle ontwikkelings­ervaringe met ons deel. Na paneelbespreking sal nuwe tegnologie gedemonstreer word. Hierdie konferensie sal as insetsel op die TV-program Landbou­ weekliks gebeeldsaai word. Hierdie insetsel word moontlik gemaak deur Landbou Weekblad. Francois Strydom nuwe voorsitter van Agbiz DIE SENWES GROEP HUB, Francois Strydom, is onlangs as voorsitter van Agbiz by sy kongres en algemene jaarvergadering in Port Elizabeth aangewys. Agbiz is ’n vrywillige, dinamiese en invloedryke vereniging van landboumaatskappye wat besigheid in Suid-Afrika en Suidelike- Afrika bedryf. Die funksies van Agbiz is om te verseker dat land- boubesighede ’n konstruktiewe rol speel in die land se ekonomiese groei, ontwikkeling en transformasie en om ’n omgewing te skep waarin landboubesighede van alle groottes en in alle sektore kan floreer, uitbrei en mededingend kan wees. Francois het sy B.Sc. (Hons) graad aan die Universiteit van die Vrystaat in Suid-Afrika behaal. Hy het sy loopbaan afgeskop by OTK (Afgri) in 1987 as lewendehawespesialis en tot direkteur graan en diverse bedrywe gevorder. Hy het ’n pos by Senwes aan- vaar in Mei 2001, waar hy die JSE-genoteerde filiaal, Kolosus, suk- sesvol omgedraai het. Hy is aangestel as lid van die Uitvoerende Komitee van Senwes in 2003 en is op 6 Augustus 2010 aangestel as besturende direkteur van Senwes Beperk. Hy dien as direk- teur op verskeie direksies en filiale, onder andere die direksie van die Noord-Wes Universiteit, sowel as op hul Finansiële en Vergoedingskomitees. Hy dien ook as uitvoerende direkteur op die direksie van Senwes Beperk. Senwes Scenario wens Francois geluk met hierdie aanstelling. SENWES SCENARIO | LENTE 2018 9