Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 8

•••• H O OFA R TIK E L Finansiele resultate > VERVOLG VAN BLADSY 5 klein bydrae lewer, maar wanneer die vermenigvuldigingseffek byge­ reken word, spoel dit deur die hele ekonomie. Die land het nou gro­ ter waardering vir hoe belangrik die primêre produksieproses van die voedselwaardeketting vir die groter ekonomie is. 6 BESIGHEID EN FILOSOFIE Ons filosofie bly eenvoudig om die klant op ’n volhoubare basis te bemagtig om sy besigheid te ver- beter. Dan volg dit logies dat ons besigheid ook op die rug daarvan sal verbeter. By Senwes gaan dit oor die klant - die interne dinge is sekondêr. Ons klante wat ons oor tyd baie goed ondersteun het, dit is waar ons respek en dankbaar- heid lê. Daar is egter baie maatskappye wat so intern gefokus is en besig is met aspekte om die maatskappy te bevoordeel, dat hulle versuim om die voordeel na die klant te laat deurspoel. Dit kan nie volhoubaar wees nie. Ons moet altyd kyk hoe kom- peterend die waardeketting in vergelyking met ander lande is. Ons moet ook kompeterend as ’n voedselwaardeketting reageer. Die groot poging is steeds die integrasie van klante en dit sal ons tema bly. Ons sal altyd poog om die bedryf te konsolideer. Dit is belangrik om te onthou: Die landboubesigheidsbedryf het nog glad nie tot dieselfde mate gekon- solideer as wat produsente indivi- dueel gekonsolideer het nie. Die beleid is om plaaslik te konsolideer, maar ook om geleent­ hede internasionaal te gaan soek. Ons het goed begin vorder met betrekking tot die integrasie van besighede, maar daar lê nog baie harde werk voor rakende die ver- groting van die voetspoor van ons besighede. FOKUS OP DIT WAT BELANGRIK IS Die algemene Suid-Afrikaner is onder druk, daar is ’n hoë mate van politieke onsekerheid en die verbruiker is keelvol vir bevoorregting. Maatskappye is besig om die etiese tuiste van die bevolking te word. Dit maak dat die verantwoordelikheid wat op landboumaat­skappye se skouers rus, net nog al hoe groter word. My raad is: Fokus op die werk op hande en om uitnemend te presteer, want om op die politieke kaskenades te fokus, neem net jou aandag weg van dit wat regtig saak maak.