Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 7

HO OFA RT I KEL NATUURLIKE HULPBRONNE In terme van alternatiewe energie is groot inisiatiewe geloods, wat ’n baie groot besparing op ons elektrisiteitsverbruik teweegbring. Hoofkantoor se elektrisiteitsver- bruik het met 45% verlaag en waterverbruik is ook minder. Hierdie inisiatiewe word by hoofkantoor geloods, waarna dit na takke en silo’s uitgerol word. ’n Solarprojek is ook by Hennenman silo geloods, ’n eerste by ’n Senwes silo, asook in die hele Suid-Afrika. ’n Groter wordende probleem is egter besig om sy kop uit te steek. Die kleiner dorpies betaal nie hul elektrisiteitsrekeninge en word sodoende beperk in terme van kapasiteit. Dit is ’n totale onvergenoeglike situasie. Ons belê R12 miljoen tot R15 miljoen per silo om genoeg krag beskikbaar te hê, maar die newe-effek is dat daar nog minder van Eskom gebruik gemaak word. Die swak bestuur van energie­ komponente in Suid-Afrika is glad nie volhoubaar nie. Daar is vir die eerste keer meer mense op toelaes as wat daar mense is wat ’n werk het. Dit is ’n reusagtige rooi lig wat flikker. Die regering pas die verkeerde drywers toe om die ekonomie te stimuleer. Die regte drywers laat die eko­ nomie groei. Daar moet eerder groter kapasiteit geskep word, plaaslike produksie moet beskerm word en daar moet aansporings aan die belastingkant wees om besighede te laat groei. Dis die aspekte wat werksgeleenthede skep. VERVAARDIGINGSKAPITAAL Die afgelope drie jaar is massiewe bedrae belê, veral aan die mark- toegangskant, en ons gaan vir ‘n verdere drie jaar voort met hierdie beleggings. Meer as R500 miljoen is reeds belê, wat verdubbel gaan word. Die hele doel is om die klant te bemagtig. Voorbeelde hiervan is die opleidingsinisiatie­we wat die afgelope aantal jare hon- derde van ons mense se lewens verryk het. Hierdie bemagtiging stel hulle in staat om vroeër te kan stroop en so addisionele tyd te bied om produksiekapasiteit te vergroot. Vanjaar het ons 3,5 miljoen ton graan om op te berg. Wie moet dit doen? Ons moet sorg dat landbou in sy totaliteit volhoubaar is en moet vir die klant ’n goeie gemiddelde prys gee om te sorg dat hy wel betaling kry. Dit is lek- ker om te kan sê dat ’n organisasie jou ’n beter prys gee, maar as hy jou nie betaal nie, wat het jy dan nou eintlik reggekry? Ons het ’n goeie rekord om ’n goeie gemiddelde pakkie aan die inset- en marktoegangskant te bied. Om klante te betaal en te diens is die heel belangrikste aspekte. Vanjaar is ook die eerste jaar waarin die lojaliteitskema toegepas gaan word waar ons R54 per ton toegeken het. INTELLEKTUELE KAPITAAL By Senwes glo ons ook dat per- soneel verbeter moet word. Ons opleidingsrekening styg die hele tyd, want dit is presies hoe per- soneel toegerus moet word. Ons glo in die ontwikkeling van ons mense se potensiaal en vermoë. SOSIALE BETROKKENHEID As gevolg van die swak prestasie van regeringsorganisasies spandeer ons al hoe meer aan alternatiewe energieprojekte. Hiermee saam het die totale korporatiewe sosiale investering met 28,6% jaar-op- jaar gestyg. Na die droogtehulp help ons om die graanskenkings, berging en logistieke koste te subsidieer en is ons weer aan die voorpunt om inisiatiewe te dryf. Nasie in Gesprek is ook op ’n nuwe vlak. ’n Wye spektrum ••• • • • • is gedek, waar ons ’n groter leier­­skap­rol vervul. Dit wat die regering eintlik veronderstel is om te doen, doen ons. Om die sosiale strukt uur te beskerm en mense in diens te hou is die oorhoofse tema. DIE TOEKOMS Ons is tans besig om na verlede jaar se heel swakste oes, die heel beste oes in te neem met die bykomende uitdaging om genoeg opbergingskapasiteit vir al die graan te kry. Natuurlik is die prys, inset- besighede en produsente onder groot druk. Daar is produsente wat goeie gemiddelde oeste het, maar wat net nie hul verpligtinge kan nakom nie. Daarom is ons baie versigtig met die hantering van ons kredietboek. Dit gesê, is daar ’n baie beter verspreide kon- tantvloei as die vorige jaar. Verlede jaar was daar in die Bultfontein- Hoopstad area absoluut geen oes nie. Die mielieprys kon R10 000 per ton gewees het, dit sou geen effek in die gebied gehad het nie. Hierdie jaar is daar ’n oes dwars­ oor die gebied. BOODSKAP AAN PERSONEEL Ons kom deur ’n baie moeilike tyd. Dit is’n openbaring dat per- soneel, ten spyte van moeilike tye, gemotiveerd bly en aanhoudend op die klant gefokus is. Ons het regtig goeie kwaliteit personeel met goeie integriteit wat eintlik net die regte ding wil doen. Ek het hoë lof vir die hele Senwes kom- ponent wat hard gewerk het. ‘N POSITIEWE BOODSKAP VIR PRODUSENTE ’n Goeie ding het saam met die slegte droogte gekom. Almal in die land verstaan nou wat die ver- menigvuldigingseffek van landbou beteken. Ons kan wel op BBP ’n > VERVOLG OP BLADSY 6 SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 5