Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 61

••• • • T U I N WE NK E • • Laatwinter nie die tyd vir stilsit CARL KIRSTEIN D ie tydperk vanaf Juliemaand is gewoonlik ’n tydperk van minder werk in die tuin. Dit beteken egter nie daar is niks om in die tuin te doen nie. Hierdie is die regte tyd om strukturele veranderinge aan te bring en al die werk wat nie vanaf Junie gedoen is nie, aan te pak of om dit klaar te maak. Die gronddeklaag, verskuiwing van bome en struike, die plasing van kompos in alle beddings en dan is kalk ook noodsaaklik om ingewerk te word. Ek begin om plante en bome al in laat Julie te snoei aangesien daar min peste en plae is om varsgesnoeide punte en takke aan te val. Dit is ook ’n gulde geleentheid om al jou ge­reedskap te laat diens en gereed te maak vir die komende somer. WENKE Die blare in beddings is nou droog. Haal dit uit en plaas dit in ’n sak en doen dan die druiwepersdans op die sak en trap dit fyn. Dit maak ’n aantreklike en doeltreffende grondlaag sonder enige uitgawes. Beplanning vir ’n nuwe bedding moet nou gedoen word. Grond kan voorberei word en die nodige kompos en bemesting kan bygevoeg word. In Augustus kan ons ook aandag aan ons gras­ perke skenk. Niks laat ’n tuin slegter vertoon as ’n verwaarlooste grasperk nie. Sny jou grasperk baie kort en belug dit met ’n vurk of selfs ’n roller met ysterspeke. ’n Toplaag kan dan ook nou oorgegooi word om die gras­perk gelyk te kry. Neem sommer ’n plank en maak die bolaag so gelyk. Op die manier word meer grond op en in holtes gelaat en minder op hoër plekke. Bemes daarna en lei nat. Op die plekke waar gras sukkel om te groei, soos onder bome, bewerk die grond goed hier en saai gras. Ek kan Ginger Green voorstel omdat dit ’n lieflike grasperk maak en dit floreer in die son of skaduwee. Hou jou grasperk kort, so moet dus nie jou tuinier of tuindienste toelaat om die grasperk in ’n dik mat te verander nie. Geniet die res van die winter met gesonde groente vanaf jou groentetuin. Organiese soppe en bredies is nou aan die orde van die dag. Bly groen en bly organies! SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 59 27 SEPTEMBER 2017 08:00 vir 09:00 | NAMPO PARK Kom wees deel van die bespreking saam met ervare produsente in die bedryf LANDELIKE GEMEENSKAPS- SAMEWERKING KYK UIT VIR PRAKTIES DEMOSTRASIES R100 RSVP VOOR OF OP 13 SEPTEMBER BY: Elize Spence – [email protected] | 051 444 4609 Marlize Fritz – marlize@agrinw | 018 632 3612 Marie Erasmus – [email protected] | 018 464 7568 14de