Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 59

••• • • KO S V IR D IE SIE L • • Onafgehandelde werke LEES: Johannes 21 EEN VAN DIE AANHALINGS BO-AAN JOHN MAXWELL SE DAGBOEK LUI: “EK MOET PROBEER OM ALTYD TE ONTHOU DAT EK ’N ONAFGEHANDELDE WERK IS.” DIT LAAT ’N MENS NADINK. ONS IS NOOIT VOLMAAK NIE. D it laat ’n mens nadink. Ons is nooit volmaak nie. Solank as wat ons lewe, is God ook nooit klaar met ons nie. In Johannes 21 lees ons hoe Jesus, Petrus se verleentheid van sy ver- loëning in ’n geleentheid omskep. Jesus berei as’t ware vir die tweede keer ’n tafel wanneer Hy die dis- sipels na die wonderlike visvangs nooi om saam met Hom te eet. Saameet was ’n gebaar van gasvry- heid en die tafel word gedek vir ’n nuwe hoofstuk in Petrus se lewe. DS. WILLIE BOTHA Petrus het nie ’n goeie geskiedenis in Johannes nie. Hy is die een wat grootgepraat en sy Here verloën het. Na die ete het Jesus na hom toe gedraai en gevra: “Simon, Seun van Johannes, het jy My waarlik lief?”. Daarop het Petrus geantwoord dat hy Hom waarlik liefhet. Jesus se antwoord op sy bevestiging, “Laat my lammers wei,” beteken dat Petrus sy kerk moet oppas. Dieselfde sorg wat Jesus aan hulle tydens Sy aardse lewe gewys het, moet Petrus as leier ook aan die kerk toon. Dit is veral tydens die laaste keer wat Jesus vir hom vra of hy Hom waarlik liefhet, dat die werklikheid en erns van die vraag tot Petrus deurdring. Drie keer het Petrus die Here Jesus verloën, en nou kry hy drie keer die kans om die Here se Naam te bely. Deur dit voor die ander dissipels te doen, word sy beeld as leier ook voor die ander herstel. Dit sou gaandeweg tot Petrus deurdring dat nie hy of enig­iemand anders die kruis- pad saam met die Here kon loop nie, maar nou kan en moet hy sy entoesiasme en passie gebruik om vir die Here te leef. Hy sou geleer het dat ook hy nie ’n afgehandelde werk is nie, en God nooit met hom klaar is nie. Let gerus ook daarop dat Jesus Petrus op die naam noem toe hy aanvanklik tot apostel geroep is. Jy is Simon, seun van Johannes, jy sal Sefas genoem word. Jesus noem hom dalk opsetlik op hier­die naam om die indruk te skep dat Hy hom roep, asof dit die eerste keer is. Wanneer Jesus iemand vergewe, neem Hy al die sondes weg. Hy weet hoe om met mense voor te begin. Deur te vra of hy Jesus liefhet, impliseer al die moontlike aflei­ dings daarvan. Liefde impliseer die totale opoffering van jouself en lojaliteit teenoor die een wat jy liefhet. As jy vir iemand lief is, sal jy enigiets vir daardie persoon doen, ook bereid wees om vir hom of haar te ly. Dit veronderstel ook gehoorsaamheid. Dit sluit ’n lewe van gebed en noue navolging in. Op ons foute en sonde kan ons reageer deur dit te ontken en uiteindelik ons verhouding met God op te sê. Of ons kan dit bely en daarin ontdek dat God met my, ’n onafgehandelde werk, besig is. Sy vergifnis van my, roep my tot nuwe moontlikhede en geleent­hede. SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 57