Senwes Scenario Augustus / September 2017 - Page 58

•••• PRO MO SIE -A R T IKE L Protek NutriGreen Die beste voeding vir jou tuin O rganiese bemesting is die oudste vorm van plantvoeding en word vandag nog net so ywerig deur tuiniers gebruik. Protek se NutriGreen-reeks bestaan uit organiese- en organiesgebaseerde korrelmisstof gemaak van ver­- komposteerde pluimveemis wat met koolstof (C) verryk is en vry van patogene, parasiete en onkruid­­ saad is. NutriGreen Gwano Pellets, Gro Green en Flower Power bevat die 3 belangrikste plantvoedingselemen­ te naamlik: stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) asook al die mikro-elemente wat die plante benodig vir gesonde groei, byvoorbeeld yster (Fe), mangaan (Mn), koper (Cu), sink (Zn) en boor (B), om maar net ’n paar te noem. NutriGreen Gwano Pellets is ‘n 100% organiese algemene misstof en kan in blombeddings, groente- en kruietuine en ook op grasperke toegedien word en is ideal vir bome, struike en blom- en vrug- draende plante. NutriGreen Gro Green is ’n organiesgebaseerde misstof wat onder meer met stikstof (N) verryk is om ekstra blaargroei te stimuleer. NutriGreen Flower Power is ook ’n organies- gebaseerde misstof wat onder meer met kalium (K) verryk is om blom- en vrugvorming te bevorder. Dit is ideaal vir rose, blomplante, vrugtebome asook groente. Of jy nou ’n “groen” tuinier is of nie, die NutriGreen-reeks is die ideale voeding vir jou hele tuin! Geregistreer in terme van Wet 36 of 1947 • Gwano Pellets: N 21 g/kg, P 32.5 g/kg, K 27.6 g/kg, Zn 2000 mg/ kg, Cu 70 mg/kg, Mo 4500 mg/kg, Fe 2200 mg/kg, B 1200 mg/kg, Mn 1000 mg/kg C 350 g/kg, Groep 2 misstof, reg nr B4904; • Flower Power: N 48 g/kg , P 10 g/kg, K 36 g/kg, Zn 61 mg/kg, Cu 17 mg/kg, Mo 22 mg/kg, Fe 869 mg/kg, B 256 mg/kg, Mn 212 mg/ kg, C 296 g/kg, Groep 2 misstof, reg nr B4652; • Gro Green: N 39 g/kg, P 10 g/kg, K 40 g/kg, Zn 61 mg/kg, Cu 17 mg/kg, Mo 22 mg/kg, Fe 869 mg/kg, B 256 mg/kg, Mn 212 mg/kg, C 315 g/kg, Groep 2 misstof, reg nr B4655; Geregistreer deur FarmWorx (Edms) Bpk, Reg no 2012/092415/07, Posbus 645, Heidelberg, 1438, Tel no 011 812 9800. Versprei deur: Protek, ’n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za 56 AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario