Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 51

•••••••

Jagomgewings

KOLSKOOT •••
JAN-LODEWYK SERFONTEIN
TERWYL EK DIE SON SIEN OPKOM OOR DIE KAMEELDORINGS IN DIE KALAHARI , DINK EK TERUG AAN DIE NAWEEK SE JAG . IN ALLE OPSIGTE WAS DIT ‘ N SUKSESVOLLE NAWEEK , MAAR KON ONS NOG BETER GEJAG HET ?

Komende week is ek op pad Bosveld toe . Ons is bevoor reg om in Suid-Afrika soveel geleenthede te hê waar ons in ’ n verskeidenheid van omgewings kan jag . Ook kan ons verskillende soorte en groottes wild jag . Wat beteken dit vir ons jagvoorbereiding ? Wat moet ek verander om volgende week beter te kan jag ?

In die Kalahari het ons ingestel om op 200 m in die kol te skiet . Ons sou lang skote skiet wat nie maklik gaan wees nie en daarom het ons op harde koeëls besluit om lyfskote mee te skiet . Gewoonlik sal die Bosveld vir my naby skote bied , waar ek moontlik ’ n kopskoot of twee kan aftrek . Ideaal sal wees dat ek sagte punte gebruik vir kopskote . Natuurlik sal ek my instelafstand ook moet verander vir die naby skote . ’ n Paar skote op die skietbaan oor ’ n stok sal ook help met komende week se jag .
Hoekom al die veranderings en beplanning as ek net van omgewing verander ?
Harde koeëls vir lyfskote help om goed te penetreer en om vleisskade te beperk . Hulle penetreer reguit , al is dit nadat been getref is . Hulle breek nie op nie en sorg dat jy binne in die bok se borskas inkom en daar skade aan die organe veroor saak . Maar indien jy met hulle ’ n kopskoot skiet , kan hulle so goed penetreer dat hulle die brein mis . Skiet jy met sagte koeëls wat goed opbreek , behoort ’ n paar dele af te breek en die brein te tref .
Die nadeel van ’ n sagte koeël vir ’ n lyfskoot is ook waar . Die afgelope naweek het ’ n jagmaat sy springbok op die lyf geskiet met ’ n sagte koeël . Dit het deur die bok getrek en goeie skade aan die bok se organe veroor saak . Die lewer en hart is getref en bloedverlies het gesorg dat die bok op ’ n vinnige en etiese manier doodgemaak is . Met afslagtyd was dit duidelik wat met die sagte koeëls gebeur na impak . Daar was ’ n duidelike groot gat waar die koeël uit is , asook 5 ander klein gaatjies waar die afgebreekte dele van die koeël uit is . Op ’ n groter bok is dit die dele wat in die oorkantste blad vasslaan en baie bloeding tot gevolg het . Ongelukkig veroorsaak dit ook baie vleisskade . ’ n Harde koeël sou dalk dieselfde vinnige doodskoot in hierdie geval tot gevolg gehad het , maar met minder skade aan die karkas .
Net soos met die sagte koeël se eienskappe , het ons ook gesien wat die uitwerking van ’ n harde koeël kan wees as hy ’ n dier tref . ’ n Nekskoot op ’ n volstruis met ’ n harde koeël het slegs die gorrel getref en geen ander skade gemaak wat die dier se lewe kon neem nie . Dit was ’ n raakskoot , maar nie dodelik nie en ’ n sagte koeël sou in hierdie situasie ’ n beter uitkoms gehad het . ’ n Goeie raak kopskoot op ’ n gemsbok met dieselfde harde koeëls was ’ n onmiddellike doodskoot .
Dit bring maar net weer die verskillende vrae en opinies rondom sagte en harde jagkoeëls na vore :
Indien die skote met omgekeerde gewere geskiet was , sou die uitslag beter gewees het ? Is die minder vleisskade so belangrik dat jy verkieslik nie met ’ n sagte koeël lyfskote kan skiet nie ? Sou die sagte koeël so opgebreek het dat die volstuis net daar neergeval het ? Gaan al die skote in die Bosveld naby kopskote wees ? Wat as die bok so staan dat jy slegs ’ n skoot op sy lyf kan skiet ?
Na alles is ’ n jag sekerlik nie ’ n situasie wat ons perfek kan beplan nie . Wat is dan die beste koeël vir die spesifieke jag waarop jy gaan ? Daar is sekerlik nie net een maklike antwoord wat alles in ag neem nie . Beplan jou jag , ken jou geweer en wees seker van jou trajek . ’ n Skoot wat 100 % reg tref , sal ’ n doodskoot wees , of dit ’ n sagte of harde koeël is .
SENWES Scenario • AUG / SEP 2017 49