Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 49

••• • • D RUPPE L S O P D IE DA K • • dat die Wes-Kaap en gedeeltes van die Oos-Kaap die afgelope twaalf maande uiters min reën ontvang het. Die grootste deel van Suid-Afrika se somerreënvalgebied het heelwat mee r as die langter- myn seisoenale reën ontvang. Oorspronklik was ’n sterk tipe La Niña-seisoen voorspel, maar ’n swak tipe La Niña-stelsel het gerealiseer. DIE STAND VAN DIE INDIKATORE VIR DIE 2017/2018 SEISOEN Die tergende vraag tans is hoe die vooruitsigte vir die komende seisoen lyk. Reeds vanaf die begin van April 2017 is ’n sterk El Niño-tipe seisoen, wat gewoon- lik geassosieer word met onder gemiddelde reën en baie hoë temperature, voorspel. Dit lei gewoonlik tot swak gewasprestasie en swak weidingstoestande. Die International Research Institute for Climate and Society van die Columbia-universiteit se voorspel­ ling, wat gegrond is op verskeie voorspellingsmodelle, voorspel dat ’n ENSO-neutrale fase die mees waarskynlike klimaatstoestand is wat ons die komende seisoen kan ervaar. Dit het vrese vir nog ’n droogte tot ’n mate besweer. Die Australiese regering se Bureau of Meteorology, wat baie navorsing doen op die El Niño/ La Niña verskynsels, dui die status van die episodes as “ inactive” aan, soos uitgebeeld in meegaande diagram. ’n Mens moet ten minste nog 4 maande wag om seker te maak in watter rigting die seisoen verloop in terme van El Niño en La Niña-status. ’n Neutrale of onaktiewe ENSO-tipe seisoen het gewoonlik redelike goeie klimaats- toestande oor die somerreënvalge- bied tot gevolg. Die SOI word bereken op grond van die lugdrukverskille tus- sen Darwin in Australië en Tahiti in die Stille Oseaan en is een van die indikators wat ook ernstig na gekyk word. Die indeks gee ’n aanduiding of die seetemperature in die NINO 3-4 gebied gaan styg of daal. Dit speel weer ’n groot rol in die ontwikkeling van ’n El Niño of La Niña- tipe siklus. Die SOI was vir ’n geruime tyd redelik neutraal, maar het die afgelope maand na negatief verander. Tyd sal egter leer oor die rigting waarin die SOI gaan beweeg. Die seetemperature is wel besig om in die NINO 3-4 gebied te styg. Ons sal hier ook moet wag om te sien wat gebeur. Teen September 2017 behoort mens ’n baie beter idee te hê. Die meeste voorspellingsmodelle dui aan dat die seetemperatuur in die NINO 3-4 gebied nie wesenlik gaan ver- warm nie. Die Suid-Afrikaanse Weerburo dui in hul nuutste Seasonal Climate Watch aan dat die reënval effens bo gemiddeld sal wees vir die periode Augustus tot Oktober 2017. Die vorige twee voorspel­ lings was dat ons bo-gemiddelde reënval kan verwag, wat toe nie gerealiseer het nie. Die volgende kaart dui die streke aan waar bo-gemiddelde reënval verwag word. Wat verblydend is, is dat dit lyk of die droë Wes-Kaap meer reën kan verwag. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Vrese is redelik besweer die afge- lope paar weke dat die voorspel­ ling van nog ’n El Niño-siklus verander het na ’n meer neutrale siklus. Die vorige twee droogtes het mens en dier uitgemergel. Ons hoop dat die komende seisoen voorspoedig sal verloop. SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 47