Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 48

•••• DRUPP E LS OP DI E DA K Wat is ons te wagte die komende seisoen? THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK HISTORIESE VERLOOP VAN DIE SEISOEN Die somerseisoen word jaarliks ingedeel as die periode vanaf 1 Julie tot 30 Junie die opvolgen- de jaar. So het die 2016/17 somer- seisoen wat reënval aanbetref, teen die einde van Junie 2017 ten einde geloop. Die seisoen was ook wat reënval aanbetref ’n welkome verligting na die twee uiters droë seisoene wat dit voorafgegaan het. Dit het betreklik eweredig oor die somerreënvalgebied gereën. Daar was werklik nie gebiede wat uiterste droogtes in die somerreën- valgebied ondervind het nie. Die langtermyn gemiddelde reënval vir die sentrale somerreënvalge- bied is in die omgewing van 590 millimeter terwyl ’n gemiddeld van ongeveer 740 mm reën die afgelope seisoen ontvang is. Suid- Afrika stuur ook op die grootste mielie- en sojaboonoes in die ge­skiedenis af. Die meegaande kaart dui die afgelope seisoen se reënval as persentasie van die langtermyn- reënval aan. Veral die oostelike gedeeltes van die tradisionele Senwes gebied het heelwat meer reën as die langtermyngemiddeld ontvang. Die gebied rondom Bloemfontein het weer minder as die langtermyngemiddeld ont- vang. 46 DIE KUMULATIEWE REËNVAL VIR DIE PERIODE 1 JULIE 2016 TOT 31 MEI 2017 AS % VAN DIE LANGTERMYN REËNVAL Grafiek 1. 'n Vergelyking tussen die gemiddelde reënval van die 2015/16, die 2016/17, asook die langtermyn reënval vir die Senwes-gebied. Grafiek 1 dui die langtermyn­ gemiddeld, die uiters droë 2015/16 seisoen, asook die afge- lope seisoen se reënvalverspreiding aan. Die uitermatige hoë reënval vir Februarie was net betyds om AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario die someroes te red. Dit het wel in die westelike gedeeltes van die somerreënvalgebied minder as in die oostelike gebiede gereën. Die kaart van die Suid-Afri­ kaanse Weerburo dui duidelik aan