Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 46

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E Julie en Augustus 2017 > VERVOLG VAN BLADSY 43 WINTERGRANE: KORING Die koringprys vir veral die verder maande, naamlik Desember 2017, het drasties gedaal op die JSE. Die verandering in die berekening van die koringinvoertarief en die sty- ging in die internasionale koring­ prys is van die hoofredes. Die verwagting is dat die koringtarief verder kan daal soos wat die inter- nasionale prys van koring styg. Vir die volledige uiteensetting van die berekening van die koringin- voertarief, kan die Sagis-webblad besoek word. Een van die veranderlikes in die berekening is die Amerikaanse harde winterkoring-uitvoerkwo­ tasie aan die Golf. As gevolg van droë toestande oor verskeie koringproduserende dele in die wêreld, styg die Golf uitvoerkwo­ tasie van Amerikaanse Harde WinterKoring (HRW) prys. Hoe hoër die HRW Golf uitvoerkwo­ tasie, hoe laer die berekende invoertarief van koring na Suid- Afrika. Wat egter hartseer is, is dat alhoewel die berekening van die koringinvoertarief op Amerikaanse GRW gebaseer word, word meestal goedkoper Swartsee en Europese Unie koring ingevoer. Oliesade kompleks: SONNEBLOM EN SOJABONE Die verloop van die sonneblom- en sojaboonkontantprys word in die volgende grafiek geïllustreer. Beide die sonneblom- en soja- boonprys verhandel onder die berekende afgeleide invoerpariteit van die twee kommoditeite. Die twee kommoditeite se prys daal gewoonlik baie sterk gedurende die stroopproses. Produsente is geneig om die twee kommoditeite redelik vinnig te verkoop soos hulle stroop en die prys daal om dié rede. Volgens die NAMC is 44 Grafiek 4. Die Desember 2017 koringprysbeweging op die JSE. Grafiek 5. Die kontant sonneblom- en sojaboonprys op die JSE met die afgeleide pryse van beide kommoditeite (Graan SA). daar genoeg van die twee kom- moditeite geproduseer hierdie seisoen en hoef daar nie ingevoer te word nie. Volgens die NAMC se berekeninge moet daar selfs ongeveer 30 000 ton sojabone uitgevoer word. Die verswakking van die rand en die styging in die internasionale sojaboonprys het ook die JSE-pryse van die twee kommoditeite ondersteun. Volgens Graan SA se berekeninge vorm die sonneblom- en soja- boonprys op die vlak van die bere- kende uitvoerpariteit, Randfontein lewering. Die verwagting is dat die prys op die vlak van die berekende uitvoerpariteit en later nader aan die berekende afgeleide invoer- pariteit kan beweeg. Daar is tans nie ’n rede vir ’n verwerker om op AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario groot voorrade te sit nie. Dit plaas druk op die pryse. Die produsent moet ook in die geval van die oliesade in kontak bly met sy graanbemarkingsad­ viseur. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING: Die groot somergraanoes in Suid- Afrika het groot oordragvoorrade in die geval van mielies tot gevolg. Die mielieprys het gedaal tot die berekende uitvoerpariteit. Alle oë is op uitvoere gerig om die groot oordragvoorraad weg te werk. Ten opsigte van witmielies is daar ’n redelike bekommernis of ons wesenlike uitvoere sal kan realiseer. Kontak jou plaaslike graanverkry- ger om jou by te staan met die graanbemarkingsproses.