Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 44

•••• G RAA N M AR K VO O R U I T S I GT E Julie en Augustus 2017: Markverwikkelinge THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK Artikel geskryf 7 Julie 2017 DIE DOEL VAN DIE ARTIKEL IS OM ’N BREË MARKOORSIG VAN DIE BELANGRIKSTE GRANE EN OLIESADE TE GEE, AANGESIEN DAAR ’N REDELIKE TYDSVER- LOOP TUSSEN DIE SKRYF VAN DIE ARTIKEL EN DIE PUBLIKASIE DAARVAN IS. Prysdrywers in die graan- en oliesademarkte INTERNASIONALE BEÏNVLOEDINGSFAKTORE Wisselkoersbewegings Soos in vorige uitgawes reeds bespreek, het die rand/dollar wis- selkoers, van al die veranderlikes wat op die kommoditeitspryse van Suid-Afrika inwerk, seker die grootste korrelasie. Die politieke verwikkelinge, veral op die finan- siële terrein van Suid-Afrika, het die afgelope tyd die rand/dollar wisselkoers baie wipplank laat ry. Die volgende grafiek dui duide- lik aan dat die Suid-Afrikaanse witmielieprys en die rand/dollar wisselkoers in redelike band loop. Met ’n verswakking van die rand/ dollar wisselkoers styg die Suid- Afrikaanse mielieprys op die JSE. Die Suid-Afrikaanse kommod- iteitpryse vorm op ’n vlak van die berekende invoerpariteit of uitvoerpariteit of tussen die twee vlakke, afhangend van wat die situasie met betrekking tot die berekende oordragvoorraad van die betrokke kommoditeit is. Sou 42 Grafiek 1. 'n Vergelyking tussen die JSE witmielieprys en die R/$-wisselkoers. Grafiek 2. Die verwantskap tussen die JSE witmielieprys en die CBT geelmielieprys. die kommoditeit se prys stabili- seer op die relevante pariteitsprys, afhangend van die berekende oordragvoorraadvlak, speel die wisselkoers die grootste rol in die verdere prysvormingsproses. Die tendens kan duidelik uit die volgende grafiek afgelei word. Alle oë is altyd op die prys- beweging van die Amerikaanse AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario geelmielies op CBOT. Die prys- beweging van die witmielies op die JSE en geelmielies op die CBT word op dieselfde grafiek aangedui sedert April 2016. Dit is duidelik dat daar nie ’n sterk verband tus- sen die twee kommoditeitspryse is nie. Die Amerikaanse geel­ mielieprys styg redelik konstant sedert September 2016 terwyl die