Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 42

•••• RUBR I E K Safex Scenario’s met Susari SUSARI GELDENHUYS INLEIDING Suid-Afrikaanse graanpryse is be­kend daarvoor om besonders volatiel te wees weens onsekerheid oor wat die toekoms mag inhou vir die graanmark. Toekomstige voorraadvlakke, invoere, hektare aangeplant en opbrengste is slegs ’n paar van die faktore wat onse- kerheid (en dus prysvolatiliteit) in die mark veroorsaak het. Die onlangse oorgang van die ou seisoen met lae voorraadvlakke na die nuwe seisoen met meer guns­tige produksieverwagtinge, is ’n klinkklare bewys. Hierdie volatiele omstandighede bemoeilik goeie verskansings- en beleggings- besluite vir alle markdeelnemers. Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’n hoër waarskyn­likheid van sukses wan- neer so ’n besluit oorweeg word. Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek. Die vorige paar artikels het gefokus op die gebruik van verskeie instrumen­te in tegniese analise om sodoende sekere besluite te kan neem. As ’n reël kan die meeste tegniese indikatore meer akkuraat geïnterpreteer word in samewer­ king met die interpretasie van ver- handelingsvolumes en opebelang as indikatore. Die onderstaande artikel fokus op die gebruik van volume as tegniese instrument. VOLUME Volume word beskou as een van die oudste en mees gebruikte tegniese indikatore in moderne tegniese analise. Ten spyte van die eenvoud van die indikator, is volu­ me een van die beste instrumente om koop- en verkoopaktiwiteite in die mark vas te vang. Volume word gedefinieer as die hoeveel- heid van ’n spesifieke finansiële instrument wat gedurende ’n spesifieke periode verhandel. Dus, dit toon die belangstelling van markdeelnemers aan oor ’n sekere tydsperiode. Daar bestaan hoof- saaklik drie maniere om volume te interpreteer, naamlik sterkte van tendens, prysommekeer en uit- breek van beduidende prysvlakke. i) Sterkte van tendens Wanneer pryse ’n primêre tendens vorm (hetsy afwaarts of opwaarts), word die sterkte van die ten- dens gewoonlik bevestig deur ’n opwaartse tendens in volume. Dieselfde geld vir terugtrekkings binne die primêre tendens, waar volume geneig is om te daal en dus ’n voortsetting van die primêre tendens aandui. ’n Groter verskil in volumes gedurende die primêre tendens en terugtrekkings dui op ’n sterker tendens. Die verhouding tussen ’n sterk afwaartse tendens en verhoogde volume word grafies voorgestel in Grafiek 1. ii) Prysommekeer Weens verskeie redes (tegnies en fundamenteel), kan tendense nie vir onbeperkte periodes volgehou word nie. Die tydsberekening van ’n ommekeer van ’n sterk tendens is wel belangrik, aangesien dit tot duur gevolge kan lei indien die ommekeer verkeerd geïdentifiseer word. Met behulp van volume (in samewerking met verskeie ander tegniese indikatore 1 ) kan die ommekeer redelik akkuraat bepaal word. As ’n reël, sal volume sterk afneem aan die einde van ’n bedui­dende tendens soos wat markdeelnemers belangstelling verloor (ongeag die rede), waarna 1   Tegniese indikatore wat gebruik kan word om ‘n tendensommekeer te bepaal, is reeds in die vorige artikels bespreek. 40 AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario