Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 39

HA N D E L SN UUS ••• • • • • HERONTDEK LANDBOUBESPROEIING Hier bied ons verskeie dienste: Akkurate opmetings deur gekwalifiseerde opmeters en besproeiingskundiges. Besproeiingstelselontwerpe vir alle gewasse. Stelsels wat deur Hinterland ontwerp en voor- sien word sluit in: mikro-be- sproeiingstelsels, drupbesproei- ing, spilpunte, ondergrondse drupstelsels, tinkie/AF160 oorhoofse stelsels asook pyplei­ dings en pompstasies. Hidro-meganiese stelselont­ werpe. Watergedrewe kragopwekkings­ oplossings. Elektriese kragbehoefte soos: VSD-stelsels veranderlike spoeddryf, kVA behoeftes, transformators en elektriese kabelgroottes. Outomatisering van stelsels Konstruksieontwerpe vir pompkamers, gronddamme (kategorie 0-3), betononttrek- kingspunte en vlotte. Algemene waterdienste soos waterregistrasies, waterverifi- kasies en waardasies, water- lisensies, aanvraag vir water, effektiwiteitstudies, artikel 33 – herimplementering van verlore water voor kwalifise­rende tydperk, omgewingsim- pakstudies en Geo- hidrouliese studies. Juan Booysen is die hoof van besproeiing by Hinterland. Kontak hom gerus by 061 076 8691 of stuur ’n e-pos aan [email protected]. HERONTDEK VEESORG By die vee-oplossingsdienste is die klem op produk, tegniese dienste en dan ook opleiding. Met jarelange standvastige ver- houdings met die mees erkende verskaffers in die veewaarde- ketting, is ons in staat om die regte produk op die regte tyd teen bekostigbare pryse te bied deur ons gevestigde netwerk van kleinhandelafsetpunte. Die ver- houding wat Hinterland met die grootste verskaffers van veevoere en diere­gesondheidmiddels het, strek in baie gevalle oor etlike dekades. Daarom is ons trots op die produk­aanbieding wat ons vandag aan die produsent beskik- baar stel en ons is konstant besig om ondersoek in te stel na nuwe produkte en tegnologie om te verseker dat ons produsente aan die voorpunt van hul bedryf bly. Ons tegniese dienste sluit kuddebestuursprogramme in soos gesondheidsprogramme, voervloei­beplannings, die formule­ ring van rantsoene, produksie- insetkoste, asook seleksie- en telings­programme in. Ons skakel in by bestaande studiegroepe en boere­ verenigings, wat ons as platforms gebruik vir die oordrag van die nuutste tendense in die bedryf, en bied ook ons eie inligtingsdae aan vir die doel. Ons plaas ’n groot premie op opleiding. Nie net interne opleiding om te verseker dat ons personeel op hoogte is van die nuutste tendense en produkte in die mark nie, maar ons glo ook in die waardetoevoeging van eksterne opleiding en daarom kan ons plaaswerkeropleiding aanbied en gaan binnekort ook ’n boere slagoskeuringsopleiding aanbied, waar ons produsente uit die stoet-, sowel as die kommersiële bedryf wil betrek. Hinterland is ook trots om vanjaar die hoofborg van die Nasionale interraskampioenskappe in Parys tydens @ALFA te wees, waar die land se nasionale manlike en vroulike interraskampioen­ diere aangewys gaan word. Phillip Lee is die diereproduksie- oplossings­bestuurder by Hinterland. Kontak hom gerus by 082 971 8692 of stuur ’n e-pos aan [email protected]. Herontdek dít wat saakmaak SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 37