Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 34

•••• NUUS Humansvlakte vanjaar se kampioene Senwes Spinners 11 jaar, nie uit nie MEER AS ‘N DEKADE HET VERBYGEVLIEG MET SENWES EN NOORDWES KRIEKET WAT VANJAAR VIR DIE ELFDE JAAR DIE SENWES SPINNERS FINAAL OP 27 MEI OP SENWES PARK IN POTCHEFSTROOM AANGEBIED HET. U landbouvennoot die afgelope 20 jaar Kontak ons gerus vir u brandstofbehoeftes en smeermiddels. Bertus van Sandwyk 082 906 2309 Smittie Smit 082 783 8470 LK Jonker 082 784 1666 Corne’ van der Walt 082 808 8830 Bothaville l Bultfontein Koppies l Vredefort l Welkom D ié inisiatief is werklikwaar een van die sprok- iesverhale in plaasskoolkrieket nadat Senwes en Noordwes Krieket in Maart 2006 bande gesmee het om dié krieketprogram te begin. Vanjaar het Humansvlakte en Manana Primêre Skole kragte gemeet. Humansvlakte het 154/5 in hul 20 boulbeurte aangeteken, met Martin Bullock die top kolwer met sy 54 lopies van slegs 32 balle. Manana se boulaanval is gelei deur Onalerona Senokwane (2/21) en Masaka Mohube (2/36). Manana het ‘n wenteiken van 155 gejaag, maar Humansvlakte het hulle tot 79, almal uit, beperk. Rinus van Heerden (3/8), Herman de Waal (2/8) en Martin Bullock (2/15) het die Humansvlakte boulaanval geanker en vir Manana was Orateng Jonas (25) en Masaka Mohube (12) hul beste kol- wers. Humansvlakte is as die 2017 Senwes Spinners Plaasskoolkampioene gekroon met ‘n wenprys van R5 000, terwyl Manana R2 500 gewen het. Die speler van die wedstryd was Martin Bullock (54 lopies van 32 balle, asook boulsyfers van 2/15). Daarna i