Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 32

•••• NUUS Senwes Hennenman silo eerste met sonkrag PV in SA HENNENMAN SILO IN DIE VRYSTAAT HET NIE NET DIE EERSTE SILO IN DIE SENWES GROEP GEWORD OM MET SONKRAG TOEGERUS TE WORD NIE, MAAR OOK DIE EERSTE SILO IN SUID-AFRIKA GEWORD OM MET DIE TEGNOLOGIE TE PRONK TOE DIE VOLTOOIDE PROJEK IN JUNIE GELOODS IS. D it is danksy ’n verstom- mende 1 120 sonpanele wat by die silo geïnstalleer is, met ’n kapasiteit van 358kWp. 30 Die totale geprojekteerde sonkrag­verbruik is 472 460 kWh per jaar, wat 62% van die totale elektrisiteits­verbruik van Hennenman silo verteenwoordig - dit sal ’n aansienlike kostebespa­ ring bewerkstellig. Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes, sê: “In lyn met ons volhoubaar- heidsdoelwitte en, onder andere, ons bydrae tot die vermindering van die koolstofvoetspoor, sal die sonkrag PV ’n besparing van ongeveer 1kg CO 2 /kWh meebring. Die geprojekteerde koolstofbesparing sal 472,5 ton CO 2 per jaar beloop. Dié projek het reeds in Januarie vanjaar afgeskop en is in April voltooi, toe dit by die bestaande elektrisiteitstelsel geïntegreer is. Silbestuurder Nico Els monitor die sonpaneel PV met ’n spesiale toepassing, Sunny Portal, waarmee AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario die totale kWh wat per uur gepro- duseer word, in ’n oogwink gesien kan word. Hy is baie opgewonde oor die resultate tot dusver - die stelsel het onlangs 1 600kWh en 281kWp aangedui, 10% bo die geprojekteerde maksimum aan- vraag van 266kWp. In ’n poging om effektiewe diens aan sy klante te lewer, beskou Senwes dit as toepaslik om in tegnologie en alternatiewe energie te belê. Dit is ’n loods­ projek wat uitgevoer word deur Motla Raadgewende Ingenieurs, in opdrag van Senwes. Volgens Strydom sal die installering van sonpaneel PV-stelsels binnekort by ander silo’s gedoen word. Die projek volg op die instal­ lering van 2 392 sonpanele met ’n totale kapasiteit van 753,48kWp, wat in Junie 2016 by Senwes Hoofkantoor in Klerksdorp voltooi is.