Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 30

•••• HA N D E LSN U U S JCB en Senwes Equipment is ’n wenkombinasie REEDS AAN DIE EINDE VAN 2016 HET ONS BERIG DAT SENWES EQUIPMENT DIE TROTSE AMPTELIKE VERSPREIDER VAN JCB PRODUKTE GEWORD HET. SEDERTDIEN WAS DAAR TALLE JCB DEMONSTRA- SIES BY JCB UITSTALLINGS, WAARONDER NAMPO OESDAG 2017 EN SENWES EQUIPMENT EKSPO 2017 DIE GROTES WAS. AUBREY KRUGER I n Maart is Antoon Smal­ber­ger as die nuwe JCB Verkoops­ bestuurder aangestel - Senwes Scenario het demonstrasies op pro- dusente se plase saam met Antoon bygewoon. Een van dié demonstrasies was by produsent Andries Kriek se plaas, Middelvlei, in die Theunissen omgewing. Kriek het veral belangstelling getoon in die JCB Telescopic Handler 531-70 wat sy aandag by Nampo getrek het. Hy is een van talle voornemen­ de klante wat tans opgevolg word. Die JCB en Senwes Equipment span het die dag bygewoon. JCB was verteenwoordig deur Matthew Barkas (JCB - Streeksbestuurder Afrika), Daniël Erasmus (JCB – Verkoopsingenieur), en Senwes Equipment was verteenwoordig deur Antoon Smalberger (JCB - Verkoopsbestuurder) en Herman Smalberger (Bemarker Bult­ fontein). Barkas het die fynere kunsies van die produk aan Kriek gede­ mon­streer met Erasmus wat Barkas bygestaan het en ook tegniese kennis verleen het. 28 Erasmus het aangevoer dat hulle die diens nie net in Suid-Afrika lewer nie - hy reis gereeld na lande soos Zimbabwe en Zambië waar uitstallings en demonstrasies by skoue en boeredae gedoen word. Hulle volg nou juis oor die 300 leidrade van voornemende klante op en hy besoek elke dag ’n ander handelaar. Hy noem dat demon- strasies verseker ’n impak het en nou begin vrugte afwerp. Kriek hou veral van die veel- sydigheid van hierdie spesifieke model en die feit dat dit ’n hele klomp voordele het omdat dit ver- skeie take kan verrig, wat ook die rede is dat hy na die demonstrasie die jawoord gegee het om die JCB Telescopic Handler 531-70 aan te koop. Hy is ook baie tevrede met sy aankoop. Antoon Smalberger het beaam dat sulke besoeke en demonstra- sies net nog meer die uitstekende waarde uitwys wat JCB en Senwes Equipment aan klante bied. Smalberger het gesê dat buiten die Telescopic Handler, is die Frontloader en Mini Excavator ook baie gewild. Vir meer inligting oor JCB produkte en demonstrasies, kon- tak vir Antoon Smalberger by 018 464 7571 of stuur ’n e-pos aan antoon.smalberger@senwes. co.za. JCB en Senwes Equipment demonstrasies op produsent Andries Kriek se plaas Middelvlei! Hier is Nico Meintjies (Hertzogville), Antoon Smalberger (JCB – Verkoopsbestuurder), Matthew Barkas (JCB - Streeksbestuurder Afrika), Andries Kriek (Produsent), Daniël Erasmus (JCB – Verkoopsingenieur) en Herman Smalberger (Bemarker Bultfontein). AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario