Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 24

••••
KOLLIG
Karel Bezuidenhout > VERVOLG VAN BLADSY 21
Karel het 2 200 Dohne merino-ooie .
22 model nie - “ Almal weet , ek soek nie ander goed nie .” Hy is ook besig met ’ n nuwe vertoonlokaal met ’ n paar werkende modelle , want die spreekwoord lui mos “ as ’ n yster staan , gaan hy dood .”
Maar die John Deere 4620 model staan uit . Dit was sy heel eerste wat eintlik ’ n 5020 was wat flenters gespeel is . Pietsap het dit vir sy 21ste verjaardag gerestoureer - “ Ek het dit dus twee keer as geskenk gekry .”
FAMILIE Karel is al 17 jaar met Kathleen getroud , wat op die buurplaas Platkoppie grootgeword het . Hulle het twee seuns , Daniel ( 14 ) en Anthony wat 11 word . Hy vertel dat hulle almal diep in boerdery betrokke is . My vrou boer ook met haar eie beeste en behartig ook die administratiewe deel van die boerdery , terwyl Daniel die 9560 al ry vandat hy 10 was en Anthony die 8345 vanaf 8-jarige ouderdom .”
VERNUWE MAAR STAAN VAS
Karel is hier gebore en getoë en het by Hoërskool Elliot gematrikuleer . Hy is ongelooflik dankbaar vir sy pa : “ In die ses en ’ n half jaar tot my pa se afsterwe , het ek baie meer ondervinding opgedoen as wat ek ooit by die beste instansie
in die wêreld kon leer ,” sê hy met trots . Hy stel ook baie belang in nuwe tegnologie , maar dit neem hom nie weg van sy wortels nie .
Indien jy sou besluit om wel ’ n draai hier te maak , onthou om vir GrÓén Karel te vra . Hyself is Groen Karel , sy neef , ook Karel Bezuidenhout wat as Blou Karel as gevolg van Ford bekend staan en Rooi Karel , Karel Johnson , vanweë sy rooi hare .
Maar vir Groen Karel is daar nie ’ n lewe anderkant John Deere en Senwes nie !

90 %+ DRAGTIG ! KOEIE IN ’ N PUIK KONDISIE

Afgesien van die afgelope klompie droë jare , het die toediening van die
winterlek , Dryveld 46 , beslis bygedra tot ons sukses .
Dankie Molatek ! – Anette Wege , Kroonstad , Vrystaat . uppe marketing A16436 / SS

DRYVELD 46

Dryveld 46 is ’ n melasse-gebaseerde proteïen aanvulling op droëveld wat ruvoerinname stimuleer en sodoende wintermassaverliese beperk . Die lek aanvulling lei tot verhoogde konsepsie en kalfpersentasies en is geskik as onderhoudslek vir droë sowel as lakterende diere . Gemeng met graan , kan Dryveld 46 ook as produksielek aangewend word . Boonop help die lek om droë galsiek te voorkom . Kyk dus uit vir die GROOT 46 vir verbeterde prestasie en ’ n winterlek wat werk !
Vir meer inligting oor spesifieke voere en dienste , kontak : MOLATEK : + 27 ( 0 ) 31 791-1036 | www . molatek . co . za | RCL FOODS : www . rclfoods . com Dryveld 46 ( V20820 ) ( Wet 36 van 1947 )