Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 23

'n Landskap eie aan die Oos-Kaap. Hierdie plase is op die meer gelyke gedeelte in die distrik geleë. Karel Bezuidenhout en sy twee seuns Anthony en Daniel by een van sy 16 John Deere trekkers, die 8850. op die neus, flikkerligte en wat in plaas van ‘n handrem, ’n ‘park’ het. “Ek het geleer bestuur op dié trekker en baie ure op daardie linker voetplaat saam met my pa spandeer,” deel Karel soete herin- neringe. Die 8850 (1983) – Dit is deur sy oom, ook Karel, nuut gekoop en is die eerste en enigste V8 enjin wat deur John Deere vervaardig is. Die model het hy in 2008 teruggekoop, nadat ’n boer in Wellington die trekker vir 23 jaar gehad het met die oorspronklike CDA (Elliot) nommerplate nog op. Die twee 6400 modelle van 1996 - die eerste 6400 modelle in Suid-Afrika met kajuite. Die een model het 6 000 ure op en die ander een het hy by sy jonger broer, Pieter, teruggekoop. SENWES Hy is baie dankbaar dat Senwes nou die John Deere agente in die Oos-Kaap is. “Ons is nie meer die weggooikinders nie,” sê hy inge- nome. Met Bethlehem 600 km ver en Bloemfontein 400 km het hy vir John Deere gevra dat Senwes eerder sy sake hanteer, nadat die John Deere agente in die area nie meer in sy behoeftes voldoen het nie. Groen Karel se versameling van sowat 500 John Deere modelle wat hy al van vyfjarige ouderdom versamel. Hy is sedert 2000 al by Senwes en “ek weet ek is die oudste Senwes klant hier. Ek het baie goeie diens by Senwes in Bloemfontein gekry.” Karel ken die takbestuurder in Aliwal-Noord en Ugie, Nelis van Heerden, ook al vir 13 jaar vandat hulle aan ’n ou 965 stroper en 3140’s trekkers gewerk het toe Nelis nog ’n tegni- kus was, onthou hy goed - “Van toe af al staan Nelis deur dik en dun by my.” Volgens hom is Senwes ’n maatskappy wat nie net praat nie, hulle doen ook. Veral die woorde van uitvoerende be­­stuurder van Senwes Equipment, Ferdie Pieter­ se, bly hom by: “Ons wil graag ••• • • K O L L IG • • teruggee aan ons klante.” Hy het ’n nuwe John Deere stro­per gekoop en daarop addisionele korting gekry en so “sit Senwes verseker hulle geld waar hulle mond is,” sê Karel selfversekerd. Dit help hom baie, want hy het net een stroper wat hy elke derde jaar vervang omdat hy ver is en ook koring in die middel van hulle reëntyd stroop. JOHN DEERE MODELVERSAMELING Die 43-jarige versamel al modelle van kindsbeen af, vandat hy sy eerste op vyfjarige ouderdom as geskenk ontvang het. Hy het nou ’n ongelooflike versameling van sowat 500 John Deere modelle. Hy onthou dat modelle in die 1990’s moeilik bekombaar was, maar Pietsap van Rensburg, ’n legende in John Deere kringe, het modelle vir hom gekry en ook restourasiewerk behartig. “Oom Piet is soos my tweede pa. Ons vul mekaar goed aan en ek het selfs van sy 4440 trekkers gekoop,” sê Karel. Kersfees en verjaarsdae is nie volmaak sonder ’n John Deere > VERVOLG OP BLADSY 22 Die Bezuidenhout familie: Karel en sy vrou Kathleen met hulle twee seuns, Daniel (14) en Anthony (amper 11). SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 21