Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 22

•••• KO L LI G Karel Bezuidenhout se bloed is groen AS JOU NAAM GROEN KAREL IS, IS DIT VIR  ‘N REDE! KAREL BEZUIDENHOUT SE BLOED IS OMTRENT GROEN OMDAT HY  ‘N JOHN DEERE EN SENWES KLANT IN MURG EN BEEN IS. AUBREY KRUGER G roen Karel boer op die plaas Pecunia in Elliot in die Oos-Kaap. Hy beskryf sy grond as baie uniek: “As jy dink aan die Oos-Kaap dan sien jy berge en vee. Ek boer op die gelyker gedeelte in die distrik wat ek beskou as die room van Elliot.” Baie mense maak die maklike fout om die plaasnaam soos die blom, Petunia, te skryf. Maar dié Pecunia wat geld in Latyns bete- ken, maak deel uit van 17 aan- grensende plase wat sowat 3 400 hektaar beslaan. SESDE GENERASIE Hy is die sesde generasie Bezui­ den­hout wat boer, met die eerste wat al in 1883 in die omgewing intrek geneem het en begin boer het. Pa Daniël het in 1972 op 20 slegs 130 hektaar begin boer en het in 1993 die plaas Pecunia gekoop. Met sy afsterwe in 2000 het hy 13 plase besit. Karel het ongelooflik baie respek vir sy pa - “Hy is my groot mentor. Alles wat ek weet het ek by hom geleer. Hy het visie gehad wat niemand anders gehad het nie.” BOERDERY Dit is ’n gemengde boerdery. Met die veelsydige Dohne merino’s, asook die saaiery wat die vee- boerdery komplimenteer, werk dit perfek. Dan brei hy ook sy veekapasiteit uit: “Soos my pa gesê het. Jy moet ’n goeie veefaktor hê, dit is ’n versekering vir jou toekoms.” Gewasse verteenwoordig sowat 75% van die omset, met die veefaktor 25%. Gewasse sluit in sojabone en koring op 200 ha elk, AUG/SEP 2017 • SENWES Scenario mielies op 750 ha en groenvoere op 200 ha. Hy het 2 200 Dohne merino-ooie, asook 750 Bonsmara vroulike diere. RAAKVAT MET DANKBAARHEID Karel gryp elke geleentheid aan wat op sy pad kom “en met die Here se genade het elkeen vir my nog uitgewerk.” Hy glo ook dat die enigste verskil tussen individue is wat jy met geleenthede gemaak het wat jou pad gekruis het. Hy het al sedert die vroeë 2000’s die visie gehad om te meganiseer en was die heel eerste produsent wat met ’n nuwe stroper hier gestroop het. En dis waar John Deere inkom. “Daar loop net John Deeres op my plaas,” vertel die groen entoesias wat met die wêreldklasnaam in boerdery groot- geword het, met sy pa wat in 1972 ’n John Deere 2120 model vir R3 600 gekoop het. VERBINTENIS MET JOHN DEERE Karel het 16 John Deeres, maar die drie belangrikstes is: Die 2130 (1979) - Dit is ’n Europese weergawe met ligte voor