Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 18

Geïntegreerde jaarverslag nou beskikbaar
••••
NUUS
16
Senwes Grainlink > VERVOLG VAN BLADSY 14
graan na-ure na alternatiewe silo ’ s om sodoende produsente te akkommodeer by silo ’ s so na as moontlik aan hulle produksiegebied .
Ons wil dit graag weer bevestig dat betonbuise steeds die veiligste opbergingsmetode is en derhalwe word eers alle beskikbare kapasiteit in ’ n spesifieke silo-omgewing benut voordat alternatiewe opberging opgerig word .
SENWES GRAINLINK MARKTOEGANG Senwes Grainlink wil dan ook ’ n verskil maak in die bemarkbaarheid van klante se graanprodukte en is daar 13 verskillende voorseisoenkontrakte beskikbaar waaruit ’ n klant kan kies rakende die verskansing van sy graanbemarkingstrategie .
Senwes Grainlink het dan ook Basislink gevestig , wat ’ n aanlynplatform is en vir kopers van graan die geleentheid gee om op ’ n gelyke en deursigtige basis mee te ding om graan by ’ n spesifieke silo teen ’ n spesifieke premie op ’ n bepaalde tyd .
Dit bied op sy beurt ook aan die boer die geleentheid om sy graan by ' n spesifieke silo teen ' n spesifieke premie op ' n bepaalde tyd te verkoop .
Senwes Graanmakelaars spesialiseer in die verhandeling van afgeleide instrumente op die JSE . Dit is om die winsgewendheid van die produsent en eindverbruiker
te verhoog deur kundige advies en die benutting van toepaslike strategieë vir alle markomstandighede .
Grainlink Marktoegang is die antwoord op volhoubare langtermyn prysbestuur !
AGRIREWARDS Senwes wil dan ook sy lojale klante beloon oor die lang termyn en derhalwe is ’ n AgriRewards uitgestelde bonusskema begin , wat reeds in werking is : AgriRewards is ’ n uitgestelde bonusskema waar Senwes jaarliks ’ n groot gedeelte van sy wins aan klante allokeer om hul te beloon vir lojale besigheid gedurende die jaar . Die bonus word in die vorm van kontant uitbetaal in die jaar wat die allokasie uitloop . Alle graanlewerings ontvang by Senwes silo ’ s , kwalifiseer vir die bonusallokasie .
Vir navrae , kontak gerus : Pieter Malan , Uitvoerende Bestuurder : Grainlink , by 018 464 7395 , Graham Lottering , Bedryfsbestuurder : Silobedryf , by 018 464 7625 , Wimpie Bouwer , Bestuurder : Grainlink Marktoegang , by 018 464 7695 .

Geïntegreerde jaarverslag nou beskikbaar

Senwes se geïntegreerde jaar verslag en verkorte state vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2017 , is nou op die Senwes webblad beskikbaar by http :// senwes . co / Fin2017 .
Die geouditeerde volledige finansiële state is in Engels beskik baar by http :// senwes . co / AFS2017 .
Belanghebbendes kan die groep se Volhoubaarheidsverslag kry by http :// senwes . co / SR2017 .
Aandeelhouers van Senwesbel kan dié maatskappy se volledige finansiële state en verkorte jaarverslag aflaai by http :// senwes . co / SBFin2017 .
Planter Monitor
• Seed per 100m per row , seed population
• Hectares worked and much more
• Easy to install and maintain
• Fertiliser and turning of axles
• Can be applied to most planters
• Real tough , rust and water resistant

Cut losses with PRECISION Plant with VISION

Proudly Made in South Africa
Tel : 012 345 3193
Fax : 012 345 6763 Web : www . electrolee . co . za Email : info @ electrolee . co . za Sales : sales @ electrolee . co . za
Process Monitor for Air Seeders
• Area
• Speed
• Tacho up to 4 axles
• Alarm on each function
• Easy to install
• Bin / Tank full
• Bin / Tank empty