Senwes Scenario Augustus / September 2017 | Page 11

••• • • A RE A F O KUS • • Heel links: Die Generaal Hertzog-brug wat jou oor die Oranjerivier neem is tussen 1935 en 1937 gebou. Links: Die blokhuis van die Anglo-Boereoorlog. Elton Willemse is jou trotste onderdele- bestuurder by die Senwes Equipmenttak in Aliwal-Noord. bou. “Daarom sê ek baie vir hulle, dankie, ek waardeer dit wat jy doen”. Sy personeel by Senwes Equipment in Aliwal- Noord sluit in homself as tak- bestuurder, sy vrou Yolanda van Heerden (Meganisasie Administrasie), Daniëlle van Vuuren (Werkkaartklerk), Walter Sauer (Tegnikus), Paul du Randt (Vakleerling), Lloyd Matiya (Vakmanhulp), Elton Willemse (Onderdelebestuurder) en GJ Pretorius (Heelwerktuig­ verkoops­man) met Janko Pretorius (Werkende Werkswinkelvoorman), wat op 1 Augustus 2017 by hulle aangesluit het. Hulle groei geweldig hier sê hy - vanaf 2 persone in 2014 (as Agrico) tot 16 tans, met 9 per- soneellede in Aliwal-Noord en 7 in Ugie, sowel as Roy Moorcroft en Riaan Grobler wat ook die ge­ bied diens. TAKGESKIEDENIS Nelis vertel dat die perseel waar­ op die tak geleë is, voorheen Dampier Motors se tweedehandse motorhandelaarstak op die dorp was, daarna Agrico en toe Senwes Equipment. Aliwal-Noord het baie inte­res­­- santhede. Daar is die ou beken­de blokhuis van die Anglo-Boere­ oorlog, dan ook verskeie mooi geboue soos die NG Kerk en natuurlik, die Rooms-Katolieke Sacred Heart Katedraal. Die brug wat jou in die dorpie inneem staan bekend as die Generaal Hertzog-brug wat tussen 1935 en 1937 opgerig is. Dit het die ou Frere-brug vervang wat in 1880 opgerig is. Plaaslikes vertel dat jy gereeld verkleurmannetjies te koop kry, wat smouse aan jou probeer verkoop. Van diere gepraat, hierdie gebied is ook be­kend vir fossiele van klein akkedisse soos die Eupakeria tot groot dinosourusse. Daar is al selfs fossiele van die reptiel, Uranocentrodon, hier gevind . Daar is ook van die top herberge in die land en die area is ook be­kend vir sy visvangwaters van die Bel- en Kraairiviere wat hier vloei. Soos jy deur die Oos-Kaap na Ugie ry, steek jy onder andere verskillend passe in die gebied oor. Interessant, die Oos-Kaap het 8 uit die top 10 hoogste passe in Suid-Afrika, met Naudé’s Nek (2590 m) en Bastervoetpas (2240 m) die hoogstes hier rond. Die gebied is veral gewild onder 4x4-entoesiaste. Die Barklypas en die Kraairivierpas waaroor ons gery het, is maar die 27ste en 75ste hoogste passe in die land. Springbok rugbyspelers Frans Steyn en Bennie Osler is ook in die dorp gebore. UGIE Eerstens, Ugie word as ‘You’gie' uitgespreek en is deur die sende­ ling eerwaarde William Murray gestig, omdat hyself by die Ugierivier in Skotland gebore is. Die dorp is in 1885 gestig. Soos jy die dorp binnekom, sien jy die groot plantasies van PG Bison, ’n welbekende kenmerk van die gebied, met die Senwes Equipment tak op die hoek van Boom- en Hoofstraat in Ugie. Soos Nelis genoem het, groei die personeelgetalle geweldig. Die personeel van Senwes Equipment in Ugie is Susan Leibbrandt (Werkkaartklerk), Warren Kleinsmit (Werkende Voorman), Jacques du Plessis (Onderdelebestuurder), Jaco de Beer (Onderdeleklerk), Pieter Bramchina (Tegnikus), Mbonisani Malusi (Onderdele Assistent) asook Jackson Oudjan (Vakmanhulp), wat produsente bystaan. Hier is die Tsitsa Waterval bekend onder avontuurlustiges en spore van dinosaurusse kan op ’n nabygeleë plaas besigtig word. Getrou aan landbou, is daar ook ’n trekkermuseum. Nog dinge waarvoor die dorpie bekend is, is dat ’n bekende wees­ huis in 1918 hier opgerig is, > VERVOLG OP BLADSY 10 SENWES Scenario • AUG/SEP 2017 9