Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 62

••• RUBR I E K MILANIE VOSLOO FOTO: LEEF 'N BOER SE HART DIE WÊRELD KAN SO BAIE BY BOERE LEER. BY HULLE WAT LANK REEDS GELEER HET OM MET OMGEKEERDE HANDE TE LEEF. B oere het die afgelope droogteseisoen – waarvan die pyn vir sommige nog lank nie oor is nie – weereens vir die wêreld gewys waarom hulle doen wat hulle doen. Waarom hulle die moed het om jaar na jaar óór te begin. Waarom hulle in son- én reëntye dit regkry om dapper te glimlag. Want boere het weereens gewys waar hul wortels geplant is. Waar hulle hul krag en moed vandaan kry. Maar die boere van ons land het ook meer as dit gewys: Hulle het vir die wêreld ’n voorbeeld gestel van wat ’n mens doen as die maat langs jou se stroper nie vanjaar ’n oes gaan bring nie ... of as jou buurman se vee niks het om van te leef nie. Hoe ’n mens optree as die persoon aan die ander kant van jou heining se blare van hoop oor die vlaktes verwaai lê. Boere kon nog altyd boontoe kyk omdat hulle geleer het om laag te kniel. Omdat hulle presies weet hoe afhanklik hulle is, hoe broos ons mensdom eintlik is ten spyte van al die “groot” mensgemaakte oeste wat ons dink ons lewer. Boe­ re het ook die vermoë om met eindelose verwagting vorentoe te kyk in die wete dat ’n nuwe dag – 60 AUG/SEP 2016 ’n nuwe seisoen – altyd weer nuwe moontlikhede bring. Altyd weer sonstrale van hoop gee. Maar meer belangrik: Boere kry dit ook reg om vandág te leef. Om van hierdie dag in hierdie omstandighede die beste te maak. Om dit wat vandag vir my gegee word, met dankbaar