Senwes Scenario Augustus / September 2016 - Page 56

••• T OEK OM SF OK US ••• JENNY MATHEWS DIE KRAG VAN DIE INDIVIDU ONS HET GEDURENDE JUNIE DEUR DIE NOORDWES, VRYSTAAT EN DIE KZN MIDDELLANDE GEREIS. DIE EFFEK VAN DIE DROOGTE KON ORAL GESIEN WORD. O ns het vee sien wei op die grasvlaktes en die voorheuwels van die Drakensberg en gewonder hoe hulle die winter gaan oorleef. Wat my die meeste ontstel het was die damme en riviere in die landelike omgewing in Kwazulu-Natal, waar ek my kinderjare spandeer het. Nog nooit vantevore het ek damvlakke so laag en riviere so stil sien vloei nie - as die riviere enigsins gevloei het. Riviere draai kaal kurwes in stilte rondom die kontoere van KwaZulu-Natal met poele van slyk om hul eens vloeiende verloop te definieer. Die spilpunte het doodstil gestaan met net hier en daar ’n dapper een wat vuil, bruin water met tussenposes op die groenvoer vir die melkkoeie uitspoeg. Ek is bevrees ek word oud wanneer ek my sinne met “Toe en jonk was...” begin, maar: Toe ek jonk was, het ons piekniek gehou langs sprankelende bergstrome of ons binnebande sonder sorge in die vinnig-vloeiende riviere gegooi wat deur die groen landskap 54 AUG/SEP 2016 gekronkel het, sonder om ooit aan die moontlikheid te dink dat die riviere kan opdroog of in kleierige modderpoele kan verander; of dat dit verklaar kan word tot besoedelde, toksiese water wat totaal ongeskik is vir menslike gebruik... en as dit nie geskik is vir jou en my nie, wat van ons diere en die groente onder besproeiing wat ons eet? Om die waarheid te sê, dis baie maklik om depressief en oorweldig te voel deur die probleme in ons wêreld wat wissel van politieke chaos, persoonlike veiligheids­ probleme en ernstige ekonomiese krisisse, tot omgewingsprobleme wat die voortbestaan van die mensdom bedreig. En tog, selfs op hierdie oomblik in die armste dele van die wêreld en midde-in oorloggeteisterde lande, klop die hart van die mensdom voort... Mense leef, haal asem, skenk geboorte, glo en beur voort... Die werklike GROOT VRAAG is, hoe gaan ek en jy dit hanteer? Hoe gaan ons die toekoms benader? Waarop gaan ons fokus en hoe sterk is ons geloof? Daar is soveel dinge waaroor ons absoluut geen beheer het nie. Ons kan niks daaromtrent doen nie, wat beteken dat ons moet ophou om ons daaroor te bekommer, aangesien dit die belangrikste oorsaak van hulpeloosheid en soms oorweldigende depressie is. As ons wys is, sal ons die sake waarvoor ons ons beywer, sorgvuldig kies. Sulke sake moet in areas wees waar ons iets konstruk- • SENWES Scenario tiefs kan doen wat ’n verskil in ons wêreld en in die lewens van ander sal maak. Ek word al ’n geruime tyd oorweldig deur aspekte rondom die besoedeling en vernietiging van ons planeet, soos die huidige waterkrisis. Ek raak bekommerd wanneer ek statistiek soos die volgende, lees: Daar is 5,25 triljoen stukkies plastiekrommel in die oseaan en ’n beraamde 269 000 ton plastiekrommel dryf op die oppervlakte van die oseaan! Sekerlik soos jy ook, gee ek opreg om vir baie ander sake ook: armoede, ondervoeding, bemagtiging deur onderwys, grondhervorming, die impak van klimaatsverandering, waterkwali­ teit, ensovoorts. So! My nuwe selfhelp-teorie oor Hoe om in ’n Chaotiese Wêreld te Oorleef lyk nou soos volg: “Ons het net een lewe om te leef en ons het ’n verantwoordelikheid om dit goed te doen - Maar!!! Ek kan net doen wat ek kan doen om die veranderinge te maak wat ek graag wil sien!" Dit beteken dat, as ek omgee oor plastiekbesoedeling, moet ek ophou om ’n lawaai te maak oor die groot dinge en begin om klein veranderinge in my eie omgewing aan te bring. Ek moet my herbruik­ bare inkopiesakke terugneem na die supermark, ek moet my aankoop en gebruik van plasti ZZH\ܝYYˈZ[YHYB]\ܜXY\[YKXX\Zš[YY\]\\Y\ˈZ[YHYH[[\ꜙ[ B