Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 47

DRUPPELS OP DIE DAK •••
Grafiek 1 . Westelike produksiegebied : El Niño / La NIña-episodes : afwyking van die 5-jaar lopende gemiddelde opbrengs .
Redelike akkurate rekords ten opsigte van gewasprestasie en reënval bestaan sedert die 1982 / 83 seisoen vir die meer westelike somersaaigebied . Die afwyking ten opsigte van die vyf jaar lopende gemiddelde opbrengs is bereken en die jare is geklassifiseer as El Niño , La Niña en neutrale seisoe ne . Grafiek 1 dui die gewasprestasie vir al die seisoene aan . Die El Niño-tipe seisoene het tydens vyf geleenthede tot baie swak gewasprestasie aanleiding gegee . Daarenteen het die neutrale tipe seisoene ook gemiddeld redelike goeie opbrengste gerealiseer , behalwe die voorafgaande 2013 / 14 seisoen . Die voorkoms van tropiese siklone in die Mosambiekkanaal het ons reënval oor die binneland baie nadelig beïnvloed tydens die betrokke seisoen . La Niña-tipe seisoene het in die meeste gevalle tot gemiddelde of bo gemiddelde opbrengste aanleiding gegee .
VOORUITSIGTE VIR DIE 2016 / 2017 SEISOEN Die Australiese regering se Buro van Meteorologie se voorspelling van die verwagte La Niña het nou ’ n sogenaamde “ watch ” -status . Die voorspelling is dat die kanse goed is dat dit tot ’ n volwaardige La Niña kan ontwikkel .
Daar was egter een uitsondering waar ’ n La Niña-tipe seisoen tot onder gemiddelde opbrengste aanleiding gegee het . Dit was die 1982 / 83 seisoen toe ’ n tropiese si kloon oor die oostelike gedeelte van die binneland beweeg het . Oorstromings is oor gedeeltes van Mpumalanga en KwaZulu-Natal ervaar en die westelike binneland het gebuk gegaan onder van die ergste droogtes denkbaar . Vog is uit die westelike gedeeltes van die binneland getrek en na die kern van die tropiese sikloon gevoer . Dit het aanleiding daartoe gegee dat die westelike gedeeltes van die binneland ’ n erge droogte ervaar het .
Verbeterde gewasproduksiepraktyke , produksiestelsels asook verbeterde gewaskultivars het die effek van die droogte hierdie seisoen tot ’ n mate gebuffer en kon ’ n redelike oes in sekere gevalle nog realiseer .
Die SOI ( Suidelike Ossilasie Indeks ), wat ’ n indeks is wat be reken word deur gebruik te maak van die lugdrukverskil tussen Darwin in Noord- Australië en Tahiti in die Stille Oseaan , gee gewoonlik ’ n goeie aanduiding van wat die seetemperatuurverandering in die Nino 3-4 gebied in die Stille Oseaan in die toekoms gaan wees .
Tans is die SOI in ’ n vinnige stygende fase . Dit gee ons moed dat die La Niña verder kan ontwikkel .
Die afwyking van die seetemperatuur van die langtermyngemiddeld in die NINO 3.4 gebied is amper neutraal terwyl dit baie warmer was gedurende Januarie 2016 . Dit was ten tye van die baie sterk El Niño . Die verwagting is dat die seetemperatuur verder gaan afkoel .
Die seetemperatuur in die NINO 3.4 gebied is aansienlik laer as gedurende Januarie 2016 . Die Suidelike Ossilasie Indeks en die afwyking van die seetemperatuur ondersteun die voorspelling dat die komende seisoen ’ n La Niñatipe seisoen kan wees .
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Na die afgelope twee , en in sekere gevalle drie onder gemiddelde seisoene , smag almal na ’ n meer normale seisoen waartydens waterbronne aangevul kan word , die veld kan herstel en ten minste gemiddelde gewasopbrengste kan realiseer . Histories het die meeste La Niña seisoene ten minste ’ n gemiddelde opbrengs in die geval van somergewasse gerealiseer . Ons bid , hoop en vertrou dat dit so sal wees .
SENWES Scenario • AUG / SEP 2016
45