Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 44

•••
RUBRIEK GRAANMARKVOORUITSIGTE > VERVOLG VAN BLADSY 41
43 jaar . Die La Niña-tipe seisoene het gemiddeld slegs 3,1 % laer opbrengste as die langtermyngemiddeld gerealiseer . Dit beteken dat ’ n La Niña-tipe seisoen , soos wat die komende seisoen voorspel word , nie ’ n wesenlike effek op die Amerikaanse opbrengste behoort te hê nie en maak dit ook die mark senuweeagtig soos in die geval van Suid-Afrika .
PLAASLIK Wisselkoersbeweging Die rand / dollar wisselkoers het redelik versterk sedert Januarie 2016 ( Grafiek 4 ). Die wisselkoers bly egter steeds baie volatiel . Na die uitslag van die Britse referendum het die rand egter baie verswak , soos menige ander ontluikende markte se geldeenhede . Die rand / dollar het ’ n baie groot invloed op die prysvorming van gewasse op Safex en die hartseer is dat die wisselkoersbeweging absoluut onvoorspelbaar is . Dit maak die neem van bemarkingsbesluite baie moeilik .
Witmielies en geelmielies Die Suid-Afrikaanse mielie-oes , weet ons , is klein en aansienlike hoeveelhede wit- en geelmielies sal ingevoer moet word . Die ryp het vanjaar baie laat gekom en daar is steeds mielielande teen die einde van Junie waar die gras steeds groen vertoon . Die wegbly van die ryp het tot gevolg gehad dat heelwat mielies , veral in die westelike gedeelte van die somersaaigebied , nog verder kon ontwikkel en sal dit nie verrassend wees as die NOK met die volgende oesskatting die mielie-oes verder verhoog nie .
Op hierdie stadium vorm ons wit- en geelmielies op ’ n invoerafgeleide prysvlak en speel die verandering in die rand / dollar en
Grafiek 6 . Afgeleide in- en uitvoerpariteite viri witmielies ( USA mielies ) Safex- Randfontein gebaseer .
Amerikaanse mielieprys ’ n groot rol in die prysvormingsproses ( Grafiek 5 ).
Grafiek 6 dui die historiese en die toekomstige prysbeweging van die berekende invoerpariteit en uitvoerpariteit asook die Safexprysbeweging van witmielies aan . Op hierdie stadium verhandel witmielies effens hoër as die berekende invoerpariteit . Die mark verdiskonteer reeds ’ n groot witmielie-oes en is die Safex prys van die nuwe seisoen mielies heelwat laer as die huidige sei soen witmielies . Dié tendens gaan waarskyn lik voortduur totdat nuwe fundamentele nuus rakende die nuwe seisoen se oes bekend raak .
Oliesadekompleks Sonneblom en sojabone Daar moet sonneblom en sojabone hierdie bemarkingsjaar ingevoer word . Die pryse van die twee kommoditeite vorm dus op ’ n vlak van die invoerafgeleide prys van die betrokke twee kommoditeite . Die prysvlakke van die betrokke kommoditeite is dus op hierdie stadium betreklik hoog . Die pryse van oliekoekmeel en olie wat beskikbaar is in die buiteland word gebruik in die berekeninge . Die prys van die nuwe seisoen sonneblom en sojabone is nie drasties laer soos in die geval van mielies nie . Wisselkoersbeweging en die prys van die kommoditeite in die buiteland het ’ n groot effek op die prysvormingsproses en moet derhalwe dopgehou word .
OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Al die vernaamste Suid-Afrikaanse graan- en oliesade se pryse vorm op ’ n invoerafgeleide basis omdat Suid-Afrika , as gevolg van die droogte wat die afgelope seisoen ervaar is , van die kommoditeite sal moet invoer .
Die situasie sal waarskynlik voortduur totdat daar meer sekerheid oor die aanplan tingsvordering en klimatologiese vooruitsigte vir die nuwe seisoen is . Dit kan vir sekere gewasse tot Februarie 2017 voortduur . Soos ons weet kan Suid-Afrika se situasie van ’ n invoersituasie tot ’ n uitvoersituasie verander . Dit kan ' n wesenlike effek op die prysvlak van ’ n kommoditeit hê . In die geval van witmielies is die berekende invoerpariteit ongeveer R4 687 per ton ten tye van die skryf van die artikel en die berekende uitvoerpariteit is R2 242 per ton . Die verskil is dus R2 445 per ton en dit is die potensiële prysbeweging binne een bemarkingsjaar . Gesels met jou Senwes Grainlink graanverkryger en kry betyds ’ n bemarkingsplan in plek .
42 AUG / SEP 2016 • SENWES Scenario