Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 43

RUB RIE K ste voed­selkommoditeite in die wêreld. Die basis waarop die Suid-Afrikaanse invoerpariteits­ pryse bereken word is dus relatief laag. Die prys van Amerikaanse geelmielies het drasties teruggesak die afgelope paar dae. Die gunstige groeitoestande in die mieliebelt, die sterker dollar en die onsekerheid na aanleiding van die Britse referendumuitslag was die belang­ rikste redes. Dit is weer ’n kwessie van wag en kyk wat ge­beur. Verskeie groot graanhandelaars is van mening dat die skerp daling oordoen was en dat ’n regstelling verwag kan word. Grafiek 3 dui die prysbeweging die afgelope 18 maande aan. Grafiek 4. Die rand/dollar wisselkoersbeweging. Grafiek 5. Die kontantprysbeweging van witmielies op Safex (R/ton). ruolie het die afgelope week by die $52 per vat gedraai. Na die uitslag van die Britse referendum het die prys teruggesak na $49 per vat. Al die wêreldmarkte is tans onseker oor wat die effek van Brittanje se uittrede uit die Europese Unie gaan behels. Wat wel seker is, is dat die meeste etanolaanlegte wel wins­te kan maak indien die ru­ olieprys bo $335/vat is. Dit is tot ’n mate ondersteunend tot die internasionale mielieprys. Internasionale graan- en oliesadesituasie Daar is verskeie faktore wat op die verbruik van graan en oliesade inwerk en daar is op hierdie stadium groot oordragvoorrade van die meeste grane en oliesade in die wêreld. Grafiek 2 dui die wêreldoordragvoorraad van mielies aan, na aanleiding van die nuutste USDA vraag- en aanbodverslag. Die kanse is goed dat die Ameri­ ••• kaanse oes nog groter gaan wees as wat in die verslag aangedui is en waaruit die data ontleen is. Dit kan die oordragvoorraad as persentasie van die verbruik verder verhoog. Dit is bekend dat indien die berekende oordragvoorraad van ’n kommoditeit as persentasie van die verbruik hoër as 15% is, die mark ontspan en die prys van die kommoditeit dan redelik daal. So is die berekende oordragvoorraad as ’n persentasie van verbruik vir koring 22,1%, dié van sojabone 20,3% en dié van koring 36,1%. Dit plaas noodwendig druk op die pryse van al die vernaam- Heersende klimaat oor die VSA Indien die internasionale weervoorspellingsdienste voorspel dat ’n La Niña-tipe seisoen verwag word, slaak sekere lande soos Brasilië, Indonesië, Suid-Afrika en Australië ’n sug van verligting omdat dié tipe seisoen gewoonlik gepaard gaan met natter as normale toestande en beter as normale opbrengste gewoonlik kan realiseer. In die geval van die VSA gaan ’n La Niña-tipe sei­soen gewoonlik gepaard met oornat toestande in van die noordelike state en droër as normale toestande in die suidelike state. Indien die mie­lieopbrengste in die VSA sedert die 1970 seisoen ontleed word, lyk die situasie soos uiteengesit in tabel 1. Daar was 13 El Niño, 16 La Niña en 15 normale tipe seisoene die afgelope > VERVOLG OP BLADSY 42 Tabel 1. Die effek van 'n El Niño-, La Niña- en neutrale tipe seisoen op die Ameri­ kaanse mielieopbrengste. Tipe seisoen Gemiddelde opbrengs (ton/ha) Aantal voorkomste % van 'n gemiddelde opbrengs El Niño La Niña Neutraal 7,78 7,40 7,78 13 16 15 101,7% 96,9% 101,8% SENWES Scenario • AUG/SEP 2016 41