Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 42

••• RUBRIEK
THYS GROBBELAAR

GRAANMARKVOORUITSIGTE :

Julie 2016 : Markverwikkelinge

THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS , SENWES GRAINLINK
INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE Die wêreldekonomie in terme van GDP-groei bly steeds aan die trae kant . Die wêreld GDP-groei word tans bereken op 3 %. Soos reeds bekend speel die stagnasie van die Chinese ekonomie ’ n baie groot rol . Die situasie gee aanleiding daartoe dat sagtekommoditeite tans nie as die gewildste beleggings opsie in die wêreld gesien word nie en die pryse dus nie ondersteun nie . Die Chinese ekonomie is die tweede grootste ekonomie in die wêreld , naas die VSA .
Dollar / euro wisselkoersbeweging Die dollar het sedert begin 2016 stelselmatig teen die euro verswak , wat kommoditeitspryse in ’ n mate ondersteun het . Die referendum rakende Brittanje se verdere deelname aan die Europese Unie , waarvan die uitslag pas bekend geword het , het die dollar aansienlik laat versterk teen van die vernaamste geldeenhede soos die euro . Wat vorentoe gaan gebeur , is nog onseker . ( Grafiek 1 )
Grafiek 1 . Dollar / euro wisselkoersbeweging .
Grafiek 2 . Wêreldproduksie , verbruik en oordragvoorraad van mielies .
Energiepryse Die prys van “ Crude Light Sweet ”
* In die vorige uitgawe van Senwes Scenario is daar in die opskrif aangedui dat die artikel gehandel het oor markverwikkelinge in Maart . Dit was egter Meimaand . Senwes Scenario vra verskoning .
Grafiek 3 . Die Spotprysbeweging van Amerikaanse geelmielies op CBOT ( c / bu ).
40 AUG / SEP 2016 • SENWES Scenario