Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 4

•••
REDAKTEURSBRIEF
WEN BETEKEN VIR DIE MEESTE OM DIE SOETE SMAAK VAN OORWINNING TE PROE . EN ONS WORD DIT VAN KLEINTYD AF GELEER . SOOS DIE AMERIKAANSE VOET­ BALAFRIGTER , HENRY RUSSELL SANDERS , AL IN 1950 GESÊ HET : “ WEN IS NIE ALLES NIE , DIT IS DIE ENIGSTE DING .”

Om te wen

Maar dit beteken verseker nie dat die ander 99.99 % verloorders is nie . As die term wen ondersoek word , het dit ook ander beskrywings soos om in iets te slaag , om sekere omstandighede te oorkom en dan om suksesvol te wees - dit is ’ n borrellende , hartkloppende , haarryservaring wat jy vir niemand kan beskryf nie .

Die tema WEN is tans nogal relevant . Ons Senwes Equipment en John Deere kompetisie is in volle swang met ’ n R230 000 John Deere Gator en ’ n vakansie vir twee na Mauritius ter waarde van R80 000 wat op die spel is . Om hier te wen is dit so maklik soos om ’ n sms en e-pos te stuur . Soos in elke uitgawe is die kompetisies van Milanie Vosloo en Hannon ook nog daar .
Ons Groep Hoof Uitvoerende Beampte , Francois Strydom , verskaf dan ook sy blik op die 2015 / 2016 finansiële resultate en
vertel hoe ons die effek van twee seisoene moes trotseer en steeds ’ n wins van R156 miljoen behaal het . Ons berig ook oor Senwes wat op ZAR X noteer . In die uitgawe het ons verskeie meganisasie- en presisieboerderyartikels om produsente te help om die impak van die vorige seisoen te bowe te kom en die volgende seisoen te oorwin .
Oorwinning is ook ter sprake met die plaaslike verkiesing in Augustus . In die uitgawe is Senwes se Potchefstroom en Parys bedrywe op die spyskaart met so ’ n tikkie van die plaaslike interessanthede . In Kollig word daar op die Potchefstroomse produsent , Nico de Beer , gefokus .
In die middel van die jagseisoen is dit ook die perfekte tyd vir die tweede deel van Frans Dreyer se rubriek oor ladingontwikkeling , waar daarop gefokus word om meer sukses tydens jou jagervaring te behaal .
Ons Senwes Equipment tegnici kwyt hulle vanjaar weereens goed van hul taak met nog drie Senwes Equipment tegnici in die top 10 , almal op soek na oorwinning .
In Augustus vind die Somer Olimpiese Spele plaas , waar ons sportlui ons trots gaan laat voel om Suid-Afrikaners te wees . Ek sluit af met die woorde van nog ’ n sportlegende , voetbalafrigter , Vince Lombardi : “ Om te wen is nie alles nie , maar die wil om te wen is .” Bly dus positief , behou die wil om te wen en pak die seisoen met nuwe vuur aan .
Aubrey Kruger
REDAKTEUR hoofredakteur Marlon Abrahams Tel : 018 464 7349 marlon . abrahams @ senwes . co . za
redakteur Aubrey Kruger Tel : 018 464 7449 aubrey . kruger @ senwes . co . za
advertensies Mariëtte Hugo Tel : 018 464 7505 mariette . hugo @ senwes . co . za
ontwerp en uitleg Mercia Venter mercia . venter @ senwes . co . za
medewerkers Thys Grobbelaar , Carl Fourie , Willie Human , Jaco Kruger , Henfred Linde , Jenny Matthews , Ds Carel Botma , Ds Willie Botha , Susari Geldenhuys , Luan van der Walt , Pieter van Eeden , Petrus van Staden , Vossie van Straaten en Milanie Vosloo .
subskripsie Marie Erasmus Tel : 018 464 7568 Faks : 018 464 7772 marie . erasmus @ senwes . co . za
eienaar Senwes , Posbus 31 , Klerksdorp , 2570 Tel : 018 464 7800
drukwerk Colorpress Tel : 011 493 8622
• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 ( 7 ) van die Wet op Outeursreg .
• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies , promosie-artikels of deur medewerkers nie .
2
AUG / SEP 2016 • SENWES Scenario