Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 39

Ken jou Certisure personeel O ns stel voor Riana Rudolph by Certisure. Riana is die regte persoon om die klant by te staan met alles van ’n gekose mediese fonds tot enige navrae. Wat is jou posisie by Certisure? Verteenwoordiger: Mediese Skemas. Watter dienste verskaf jy by Certisure? Alles rondom medies - kies van ’n geskikte mediese fonds en die administrasiebeen (hantering van navrae, magtigings, eise, ensovoorts). Wat is vir jou die belangrikste van kliëntediens? Vinnige en deurlopende terugvoe­ring aan die kliënt. Hoe lyk die toekoms van die bedryf vir jou? Baie goed. Indien ons voortbou op Certisure se vier kernwaardes, naamlik betroubaarheid, geloofwaar- N UUS ••• RIANA RUDOLPH digheid, persoonlike diens en kundigheid het ons ‘n blink toekoms in die bedryf. Hoe lank werk jy al by Certisure? Ek werk al 6 jaar en 8 maande by Certisure. Voor dit het ek 10 jaar lank as kredietklerk by Kommersiële Krediet: Absa Hoofkantoor Pretoria, en ook as besigheids­analis gewerk. Waar is jy gebore en waar het jy grootgeword? Ek is in Brits gebore, het grootgeword in Northcliff, Johannesburg waar ek my laerskool- en hoërskooljare voltooi het. Familie? Enkellopend, geen kinders. Stokperdjies? Lees, kamp en mosaïek. 37