Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 38

••• RUBR I E K SUSARI GELDENHUYS SAFEX SCENARIO’S MET SUSARI INLEIDING Prysvolatiliteit is een van die vernaamste eienskappe van die Suid-Afrikaanse agri-mark. Die prysbewegings wat tans in die mark gesien word is dus geen uitsondering nie. Die prysvlak waarop hierdie bewegings plaasvind het slegs verskuif. Graanpryse verhandel tans op historiese hoogtepunte, met onsekerheid (en dus volati­ liteit) wat in die komende seisoen verwag word. Die groter onsekerheid en volatiliteit bemoei­lik beleggings- en verskansingsbe­ sluite. Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’n hoër waarskynlikheid van sukses wanneer so ’n beleggings- of ver­ skansingsbesluit oorweeg word. Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek en fokus die onderstaande artikel op die gebruik van verskeie tegniese prysgrafieke. PRYSGRAFIEKE Daar bestaan hoofsaaklik vier tipes prysgrafieke, naamlik ‘n lyngrafiek, staafgrafiek, kandelaargrafiek, en punt-en-kruisgrafiek. Die laasge­ noemde grafiek word nie oor die algemeen gebruik in die Suid-Afri­ kaans agri-mark nie en word dus nie in die artikel bespreek nie. Die grafieke word oor ‘n gegewe verhandelingsperiode geanaliseer. Die verhandelingsperiode word grafies 36 AUG/SEP 2016 Figuur 1: Lyngrafiek. BRON: SAAMGESTEL IN THOMSON REUTERS (2016) DATABASIS. voorgestel op die x-as (horisontale as), en kan die typerk ter sprake wissel na gelang van die analis se spesifieke behoeftes. Pryse word grafies voorgestel op die y-as (vertikale as). As ‘n duimreël op SAFEX word prysdata korter as een dag gebruik vir korttermynbesluite, daaglikse of maandelikse prysdata word gebruik vir mediumtermyn­ besluite en prysdata langer as maandeliks vir langtermynbesluite. 1. Lyngrafiek Die lyngrafiek is die eenvoudigste voorstelling van prysdata wat deur verskeie rolspelers gebruik word. ‘n Lyngrafiek is ‘n grafiese voorstelling van sluitingspryse oor ‘n gegewe periode en word elke data­ punt met ‘n reguit lyn verbind. Sluitingspryse word hoofsaaklik gebruik in lyngrafieke omdat dit meestal as die belangrikste prys geag word wanneer vergelyk word met die hoogste, laagste en ope­ ningsprys vir ‘n spesifieke verhandelingsperiode. Analiste verkies baie keer die lyngrafiek aangesien daar heelwat van die intra-dag volatiliteit wat ontstaan tydens die verhandelingsperiode, uitgelaat • SENWES Scenario Figuur 2: Staafgrafiek Interpretasie. BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR. word en langer termyn tendense makliker uitgeken kan word. Die realiteit is egter dat die lyngrafiek by implikasie wel meer in-diepte prysanalises beperk. Figuur 1 is ‘n grafiese voorstelling van ‘n lyngrafiek. 2. Staafgrafiek (“Bar Chart”) Die staafgrafiek daarteenoor is ‘n grafiese voorstelling van ‘n reeks vertikale lyne wat bestaan uit die openingspryse, hoogste pryse, laagste pryse en sluitingspryse. Die openings- en sluitingsprys word voorgestel deur ‘n horisontale voet aan die linker- en regterkant onderskeidelik. Die laag vir die > VERVOLG OP BLADSY 38