Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 36

••• HA N D E LSN U U S John Deere winkel by Senwes hoofkantoor D ie nuwe John Deere winkel het einde Maart vanjaar sy deure by hoofkantoor geopen en sedertdien gaan dié winkel net van krag tot krag. Die Groep Onderdelebestuur­ der: Senwes Equipment, Pieter Redelinghuys, wat met die ope­ ning voorspel het dat die winkel sy potensiaal sal wys, het na die eerste drie maande gesê: “Die winkel doen goeie, gesonde besigheid en het ook reeds alle verwagtinge oorskry. Senwes klante en lede van die publiek het aankope begin doen by die winkel en ons mikpunt is om steeds nog meer klante te trek. Verskeie van ons hoofkantoorpersoneel en buitepersoneel het ons ook al ondersteun.” VOORRAAD WORD AANGEVUL Die tak se voorraad is ook onlangs aangevul met die nuutste John Nuwe kamoefleerreeks by John Deere winkel! Hier wys Winkelassistent, Carisna Herbst, die nuwe John Deere kamoefleerreeks. Deere kamoefleerreeks. Winkel­ assistent, Carisna Herbst, vertel dat hulle drie verskillende John Deere kamoefleerbaadjies in voorraad het, naamlik die reënjas-tipe ‘hoodie’ en die warmer “soft­shell”baadjie. Hulle het ook ’n hele reeks pette in die kamoefleerreeks. Herbst het ook beaam dat hulle in hul noppies is met die groei van die John Deere winkel met personeel en besoekers, sommige van heinde en ver, wat die winkel gereeld ondersteun. Bykomend het daar ook pas nuwe stylvolle horlosies uit Duitsland gearriveer, wat die produkreeks nog verder aanvul. Vir die kleinspan is daar ook lekker speelgoed soos klimtolle, kindersakkies, plakkies en vele meer. WINKELURE Die winkel sal voortaan steeds op weeksdae vanaf 10:00 tot 15:00 oop wees. Jou 10 sleutelrekeningbestuurders by Senwes Credit AREAS Senwes Credit se 10 sleutelrekeningbestuurders! Agter is Johan Jacobs, Wilbert Vos en Andrew Weber. Voor is Revan du Preez, James Kingsley, Julias Ramohlabi, Kobus Wilken en Johann Olivier. Op die inlas is Louis Twigge en Alice Ackermann. BY SENWES CREDIT is daar 10 sleutelrekeningbestuurders aan wie die verskillende areas toegeken is. DIE ROL VAN ’N SLEUTELREKENING­ BESTUURDER Elkeen het die taak om ’n nuwe 34 AUG/SEP 2016 geïntegreerde benadering tot klanteverhoudingsbestuur te implementeer asook die nuwe rol van koördineerder te vervul. Hulle werk nou saam met al die spanne van al die verskillende afdelings met die doel om besigheidsdoelwitte te bereik. • SENWES Scenario James Kingsley: Bloemhof, Bultfontein, Hertzogville, Hoopstad en Wesselsbron. Revan du Preez: Bothaville, Parys, Viljoens­ kroon en Vredefort. Alice Ackermann: Bloemfontein area. Louis Twigge: Bloemfontein area. Johan Jacobs: Heilbron, Koppies en Kroon­ stad. Wilbert Vos: Dwaalboom, Foch­ville, Hartbeesfontein, Klerksdorp, Lichtenburg, Wolmaransstad, Oberholzer, Potchefstroom en Ventersdorp. Andrew Weber: Bultfontein, Hoopstad en Wesselsbron. Johann Olivier: Delareyville, Leeudoringstad, Makwassie, Ventersdorp en Wolmaransstad. Kobus Wilken: Odendaalsrus, Potchefstroom, Vereeniging, Welkom, Theunissen en Tierfontein. Julias Ramohlabi: Hanteer opkomende landbouprodusente.