Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 35

HA N D E L SN UUS ••• Senwes Spinners vier 10 jaar op die kolfblad DIE SENWES SPINNERS KRIEKETONTWIKKELINGS­ PROGRAM, IN VENNOOT­ SKAP MET NOORDWES KRIEKET, HET VANJAAR SY 10DE BESTAANSJAAR GEVIER EN WORD BE­ SKOU AS EEN VAN DIE BESTE PLAASSKOOL KRIEKETONTWIKKELINGS­ PROJEKTE IN SUID-AFRIKA. 10-JAAR VIERINGE Die vieringe het afgeskop met krieketopleiding by 10 plaasskole (5 in Noordwes en 5 in die Vry­ staat) en afrigters wat by Noordwes Krieket opgelei is. Daarna is ’n 4-dag kriekettoernooi vanaf 28 tot 31 Maart 2016 in Potchefstroom gehou. Potchefstroom Boys High het gasheer gespeel vir al 10 spanne en die wedstryde is op die velde van Boys High en die Tegniese Hoërskool gespeel. Die top twee spanne was Humansvlakte en Phakela Primêre Skole wat na die finaal deurgedring het. Reën het die finaal op 14 Mei by Senwes Park geaffekteer met geen spel wat plaasgevind het nie. Die twee skole het die wenbeker gedeel en elke skool het met R3 750 huiswaarts gekeer. Die gala-dinee daarna is bygewoon deur Senwes bestuur, Noordwes Krieket raadslede en verteenwoordigers van Krieket SA, skoolhoofde, afrigters en die kapteine van die plaasskoolspanne wat aan die toernooi deelgeneem het, sowel as krieketlegendes. GESKIEDENIS Senwes, in vennootskap met die Noordwes Krieketvereniging, Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, by die span van Humansvlakte Primêre Skool, een van die 2016 finaliste. het in 2006 die Senwes Spinners Krieketontwikkelingsprogram geloods. Die program het sedertdien van krag tot krag gegaan. Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes het gesê: “Ek dink die feit dat ons ’n dekade van betrokkenheid by krieketontwikkeling in die platte­ landse gebiede vier, bewys dat Senwes 100% verbind is tot die verbetering van lewens in die gemeenskappe waarin ons besigheid bedryf. Senwes is veel meer as net landbou.” Phakela Primêre Skool was die ander 2016 Senwes Spinners finalis. Hier is hulle saam met Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom. SENWES Scenario • AUG/SEP 2016 33