Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 33

Opening van die Majwemasweu Rekenaar­ sentrum! Hier is Elmarie Joynt (Thobo Trust raadslid), Dolly Dlavane (Voorsitter van die Thobo Trust raad van trustees), Christo Booyens (Besturende Direkteur van Tradevantage), asook Kholofelo Thobejane (Thobo Trust raadslid). HA N D E L SN UUS ••• Voorsitter van die Thobo Trust raad van trustees, Dolly Dlavane help een van die kinders wat baat gaan vind by die Majwemasweu Rekenaarsentrum. Rekenaarsentrum in Brandfort ’n realiteit danksy gesamentlike pogings D anksy die gesamentlike pogings van Thobo Trust, Senwes, Tradevantage en Ivolve is die Majwemasweu Rekenaarsentrum in Brandfort op ’n stylvolle wyse geopen op Woensdag, 8 Junie 2016. Die amptelike opening van die sentrum is deur Thobo Trust raadslede, Elmarie Joynt en Kholofelo Thobejane gedoen, terwyl die lintknipseremonie deur Dolly Dlavane, voorsitter van die Thobo Trust raad van trustees en die LUK van Onderwys in die Vrystaat, die agbare Tate Makgoe, waargeneem is. Makgoe was baie gemotiveerd gedurende die opening en het gesê dat die sentrum sal verseker dat “toekomstige generasies nie sal swaarkry soos wat hy swaargekry het nie”. Thobo Trust raadslid, Joe Maswanganyi, het in sy rede gesê dat ’n opening soos die een in Brandfort altyd ’n hoogtepunt is. Hy het bygevoeg dat “geen enkele maatskappy ’n probleem in die gemeenskap op sy eie kan oplos nie” en verwys na die gesamentlike pogings van al die betrokke maatskappye. Christo Booyens, Besturende Direkteur van Tradevantage, het ook die geleentheid bygewoon. Maswanganyi het afgesluit met “die sentrum is slegs die begin van die ontwikkeling van ons kinders”, en het voortgesette betrokkenheid by die opvoeding van hierdie leerders belowe. Die sentrum is by Matshediso Primêre Skool geleë, wat beteken dat ander skole in die omgewing, soos WSM Malotle, Akademia en Monamodi, almal sal voordeel trek uit die Majwema­ sweu Rekenaarsentrum. Sowat 50 leerders van elk van die vier skole, sowel as die hoofde en onderwysers, het die openingsfunksie bygewoon. Die kinders was oorweldig en het die gaste met ’n trompoppie-parade verwelkom. Hulle het later SENWES Scenario • AUG/SEP 2016 31 ook hul vreugde gedemonstreer met danse en die voorlesing van gedigte. Van die inspirerende gediggies het die volgende boodskappe oorgedra: “Sonder rekenaars sal ons almal hopeloos wees”. Nog ’n leerder het gesê “Ek sal dit as ’n wapen gebruik”, terwyl nog een gesê het “My rekenaar is die sleutel tot my toekoms”. Majwemasweu Rekenaarsentrum sal goed benut word en sal die fondasie vir ’n beter toekoms vir leerling lê. WEES GEREED WANNEER DIE REËN VAL! Dis nou die tyd om u planter monitering, kunsmis en kalk toedieners asook spuit toerusting te hersien vir die komende seisoen. Ronin System Solutions verskaf parte, fasiliteer waarborge en installasies. Indien U n nuwe sisteem wil bekom, kontak Ronin vandag vir die beste pryse! +27 (0) 11 608 3666