Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 31

PRO MO SIE -A R T IKE L ••• IS JY GEREED VIR PLANTTYD? ’n Goeie saadbed word gemaak met behulp van die Rovic Trash Handicult of Trash Fieldspan gevolg met ’n roller of ’n eggie. G rond is die mees fundamentele hulpbron vir die graanprodusent, maar die sukses van enige opbrengs word bepaal deur die toeganklikheid van beskikbare water tot die plant se wortels. Dit is dus van uiterste belang dat grond optimaal voorberei word om te sorg dat die saad van dag een af goeie kontak daarmee het en wortels gemaklik by die water kan uitkom. Rovic Leers weet hoe belangrik die voorbereidingsproses is en ondersteun die Suid-Afrikaanse boer al jare lank met die meganisering vir die voorbereiding van enige tipe grond. Elke boer se grondtipe of omstandighede verskil en benodig dus ’n unieke proses. Om die grond goed los te maak tot dieptes wat wissel van 300 mm tot 800 mm is Rovic se Super 19-, 25- en 32-skeurploeë baie effektief met ’n onderhoudsvrye wegbreekmeganisme. Oor die laaste paar jaar het kombinasiebewerking ’n gewilde praktyk in Suid-Afrika geword deurdat die hantering van materiaalreste, diep losmaak van die grond en die voorbereiding van die saadbed in een proses gedoen word. Dit lei tot minder bewerkings. Dit bied die voordeel dat minder brandstof gebruik word en dit verminder die verdigting in die grond wat deur die trekker veroorsaak word. Rovic Leers verskaf die unieke Kuhn Dominator vanaf die VSA. Dit is ’n robuuste implement en al die komponente is verstelbaar om by enige omstandighede aan te pas. Die Kuhn Dominator is toegerus met verstelbare sny­skot­tels, twee rye tande wat los­maak tot 400 mm, twee rye vermengingskottels en rollers wat die grond gelyk maak. Die Kuhn Dominator sit geld terug in jou sak. Besoek gerus die Rovic Leers webtuiste www.rovicleers.co.za vir meer inligting oor die volledige reeks implemente om jou te help voorberei vir dié planttyd. WILLIE HUMAN: Verkoopsbestuurder Rovic Leers – 011 396 6200 29