Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 30

••• HA NDE LSN U U S Voorseisoeninspeksie op planttoerusting INSPEKSIES MOET OP PLANTERS GEDOEN WORD VOORDAT DIE SEISOEN BEGIN SODAT MENS NIE ONVERWAGS BETRAP WORD MET ‘N PLANTERPROBLEEM WAT JOU GELD EN TYD KAN KOS NIE. 3. 4. PIETER VAN EEDEN D 28 aar is baie soorte planters en die inspeksies is nie dieselfde op al die planters nie, maar kan as riglyn gebruik word om die planter te diens en na te gaan vir probleme. 1. Ondersoek enkelskyf kuns­ misvoorsnyers vir die toestand van laers en skraperlemme asook dekstukleiers. Dit is ook belangrik om na die droëkuns­mistuite se toestand te kyk en die snyaksie van die kunsmisskyf. 2. Die kunsmisbakke moet ondersoek word vir skade Planter Monitor • Seed per 100m per row, seed population • Hectares worked and much more • Easy to install and maintain • Fertiliser and turning of axles • Can be applied to most planters • Real tough, rust and water resistant 5. 6. 7. 8. 9. of krake. Die toestand van awegare wat kunsmis uitbeweeg moet ondersoek word en verstellings moet aan kunsmisbakke gemaak word sodat kunsmis eweredig na die kante kan beweeg. By vloeibare stelsels kan alle krane en pype en ook pompe getoets word. Aandrywings van kunsmisstelsels moet gediens word en dit is belangrik om die kontakdryf of koppelaarsamestelling te ondersoek vir slytasie en verstellings te maak. By saadeenhede is dit belangrik om die skottelskyf en laers te ondersoek, asook lemskrapers wat skywe skoonskraap. Die vere wat die skra­ pers teen die skottel skyf hou, kan ook getoets word. Laers van stelwiele op eenhede moet ook nagegaan word. Sluitwiele se laers kan getoets word, asook vere wat sluitwiele aftrek. Dit is belangrik om alle kettings en laers op planters na te gaan en te vervang waar nodig. Dit is belangrik om aandry- wingswiele se laers en banddruk na te gaan. 10. Plaatlose vingeroptelmeganis­ mes moet uitmekaar gehaal en ondersoek word om so alle nodige onderdele te vervang en die korrekte verstellings te doen. Daar word voor­gestel dat grafietpoeier gebruik word om smering te bevoordeel. 11. Op vakuumsaadmeganismes is daar baie minder diens­ punte en gee ons aandag aan seëls, borsels en saadplate. Hier word talkumsmeermiddel voorgestel vir smering op eenhede. 12. By vakuumplanters is dit uiters belangrik om na die vakuumstelsel te kyk en alles te toets, naamlik hidrouliese koppelstukke, pype en motors. 13. Alle planters moet weer gekalibreer en getoets word voor daar geplant kan word. Die diens en nagaan van jou planter kan deur jou naaste Senwes Equipment werkswinkel gedoen word. Hulle toets ook vakuum- en plaatlose saadeenhede. Kontak hulle gerus. Cut losses with PRECISION Plant with VISION Process Monitor for Air Seeders Proudly Made in South Africa Tel: 012 345 3193 Fax: 012 345 6763 Web: www.electrolee.co.za Email: [email protected] Sales: [email protected] • Area • Speed • Tacho up to 4 axles • Alarm on each function • Easy to install • Bin / Tank full • Bin / Tank empty