Senwes Scenario Augustus / September 2016 - Page 25

HAN D E L S N U U S ••• Bereik jou volle potensiaal met Senwes Presisieboerdery SENWES PRESISIEBOER­DERY IS ’N AFDELING BINNE SENWES EQUIPMENT WAT FOKUS OP TOEGEWYDE DIENS EN KWALITEIT PRODUKTE OM ENIGE BOERDERY TOT SY VOLLE POTENSIAAL TE HELP GROEI. TOEKOMSFOKUS SAAM MET NASIE IN GESPREK 13 SEPT 2016 | 09:00 | NAMPO PARK KOSTE: R80 per persoon (spitbraai ingesluit) S enwes Presisieboerdery bestaan uit sewe spesialiste met uitstekende kennis van die landboubedryf, wat professionele bystand en raad verskaf. Die nuwe Presisieboerdery Hulplynsentrum, staan produsente 24 uur per dag by. Die hulplyn werk hand aan hand met Senwes se werkswinkels. Met ’n aktiewe John Deere Link (JDLink™) inteke­ ning, kan probleme vinniger opgelos word. Foutkodes word direk vanaf die toerusting ont­vang en na die betrokke Senwes werkswinkel deurgestuur. Die intekening is beskikbaar met die aankoop van enige nuwe John Deere 7R, 8R en 9R-reeks-trekkers, asook alle nuwe John Deere S-reeks stropers en John Deere 4-reeks-spuite. JDLink stel produsente in staat om vanuit hul kantoor vlootbeheer toe te pas, toerusting te moni­ tor, data elektronies te hanteer en tydperke en geografiese grense te stel. Presisieboerdery bied ‘n reeks produkte wat fokus op besparing van stygende insetkoste. Met produkte soos die Greenstar™ RateController, RateController Dry en Seedstar™ kan vloeibare- en korrelkunsmis en saad variërend toegedien word, wat bewerking verminder. Vir navigasie waarop jy kan staat maak is John Deere se Starfire™ toerusting net vir jou. Met akkuraatheid tot op 2 cm herhaalbaarheid, bied presisieboerdery meer as 25 RTK-basisstasies in Noordwes en Vrystaat. Produsente kan meer produktief hul grond bewerk met John Deere se geïntegreerde Autotrac™ stelsel. Presisieboerdery bied aan produsente die Greenstar™ se Autotrac Universal-stelsel wat vir verskeie ander handelsmerk kajuittrekkers beskikbaar is. Senwes Presisieboerdery bied nie net ’n reeks uitnemende produkte nie, maar ook uitstekende diens. SENWES Scenario • AUG/SEP 2016 23 (Fondse ten bate van Jongboerkomitees van Agri NW en Vrystaat Landbou) FAMILIEBOERDERY Kom wees deel van die bespreking saam met ervare produsente in die bedryf. 13de jaar Tolvry Nommer: 080 941 4011 www.senwes.co.za | www.senwes.mobi