Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 23

HA N D E L SN UUS ••• Figuur 1. verbonde op te weeg teenoor die onmiddellike kapitale uitvloei. • Uitvoerbaarheid – Dis belang­ rik om te oorweeg hoe goed die presisietegnologie sal inpas by die huidige boerderyomgewing en hoe uitvoerbaar die gebruik van presisietegnologie sal wees om produksie te maksimaliseer, teen die laagste insette. • Kundigheid – Die gebruik van presisietegnologie benodig in baie gevalle die nodige kennis om dit suksesvol te implementeer. Beskik die boer oor die nodige kennis om die toerus­ ting ten volle te benut? • Visie en missie van produsent – Wat is die produsent se visie en missie? Hoe pas die gebruik van presisietegnologie in by die mikpunte en doelstellings van die produsent. TEN SLOTTE Met die voortdurende verande­ rings wat plaasvind in die landbousektor, veral ten opsigte van arbeid en die politieke situasie, is dit uiters belangrik vir boere om by te hou met die vernuwing in die tegnologie en produksiemetodes. Alhoewel presisieboerdery gepaard gaan met groot kapitale uitleg is dit oor die lang termyn ’n winsgewende belegging. Wat presisieboerdery aantreklik maak is dat, ten spyte van die feit dat dit baie kapitaal gaan verg om te begin, die opbrengs wat gegene­ reer word op die belegging dit sal regverdig. Presisieboerdery gaan nie net oor die kapitale uitgawes nie, maar wat ook belangrik is, as dit nie die belangrikste aspek is nie, is die kundigheid wat benodig word om dit doeltreffend te kan bestuur. Sonder die nodige kundigheid om effektiewe besluite te kan neem, baat dit nie om so ’n belegging te maak nie. Vir meer inligting kontak vir Luan van der Walt per epos: [email protected] * Vossie van Straaten is ’n meestersgraadstudent by die Departement Grondkunde aan die UV. ❝ Presisieboer­dery hou sterk verband met die tegnologiese vooruitgang in die landbousektor... Hierdie tegnologiese vooruitgang lei na beter en meer akkurate besluitneming en uitkomsvoorspellings. ❞ DOEN GERUS NAVRAAG BY U NAASTE SENWES EQUIPMENT-TAK 21