Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 20

••• HA N D E LSN U U S Presisieboerdery: die basiese beginsels > VERVOLG VAN BLADSY 17 Figuur 9. Plant met kunsmis- en populasievoorskrifkaarte. In praktyk word een of ander vorm van afstandswaarneming gebruik om die land te karteer deur middel van fotografie met spesifieke toerusting. Die data word verwerk en opgevolg met ’n fisiese ondersoek in die land. Daarna word ’n plan van aksie beraam, ’n toedieningskaart geskryf en uitgevoer. Voorbeelde word in Figuur 10 en 11 getoon. EINDE VAN DIE SEISOEN - EVALUASIE Stap 6. Die insameling van op­ brengsdata tydens oes Aan die einde van die produksie­ seisoen kan uiters waardevolle inligting versamel word indien die stroper toegerus is met sensors om die opbrengs te meet. Sien Figuur 12. Figuur 10. Voorbeeld van vastevlerk hommel met NDVI-beelde tydens kanola blomtyd. Figuur 11. Presisie­ toediening. Figuur 12. Stroperdata van drie agtereenvolgende mielieseisoene. 18 AUG/SEP 2016 • SENWES Scenario Stap 7. Evaluasie Die kaarte in Figuur 12 weerspieël die ruimtelike verspreiding van die graanopbrengs in ’n sekere area en nie die oorsake vir die variasie daarvan nie. Saam met die produsent word alle klimaats- en bestuursinligting gebruik om te bepaal wat moontlike redes of oorsake was vir die variasie in opbrengs en hoe dit vergelyk met die beplanning voor die seisoen. Dan word regstellings/aanpassings gemaak vir aanbeveling in die volgende produksieseisoen. OPSOMMING Die digitale era het feitlik oneindige toepassingsmoontlikhede wat ook die landbouers bemagtig om presisieboerdery toe te pas. Die groeiende vraag na voedsel wat op beperkte hulpbronne geproduseer moet word, tesame met veranderlike klimaats- en sosio-ekonomiese omstandighede, plaas druk op produsente om tegnolo­ gie en wetenskap ten volle te benut ten einde gewasproduksie te verhoog deur verhoogde effektiwiteit.