Senwes Scenario Augustus / September 2016 | Page 19

HA N D E L SN UUS Figuur 4. Die pH-kaart. saamstel van die volgende reeks kaarte: • Grondvormkaart, • Effektiewe diepte-kaart, • Potensiële plantbeskikbare waterstoorkapasiteitskaart, en • Potensiële opbrengskaarte vir monokultuur asook oorlê­ stelsels. Voorbeelde van bovermelde kaarte word in Figuur 1 tot 3 voorgestel. Stap 2: Saamstel van chemiese kaarte Produsent doen chemiese ontleding en regstelling elke jaar vir ’n derde van sy plaas. Grondmonsters word op dieselfde noteerpunte as in Stap 1 geneem en ontleed. Die resultate word gebruik om kaarte volgens keuse te teken. Voorbeelde van tipe kaarte is pH, Suurversa­ diging, Fosfaat (P), Kalium (K), Kalsium (Ca), Magnesium (Mg), Natrium (Na) en Swael (S). In Figuur 4 en 5 word voorbeelde van pH en P-kaarte getoon. Stap 3: Gebruik van inligting Die inligting van stap 2 word ge­ bruik om presisievoorskrifkaarte vir die produsent volgens behoefte te ontwikkel. Voorskrifkaarte word algemeen gebruik om kalk, kuns­ mis en saad variërend toe te dien. ’n Voorbeeld van ’n variërende kalktoedieningskaart word in Figuur 6 getoon. ••• Figuur 5. Fosfaatkaart. Stap 4. Uitvoering op die land Die kaarte van stap 3 word elektronies in die konsole gelaai en die aksie word uitgevoer. Voorbeelde word in Figuur 7 tot 9 getoon. IN-SEISOEN MONITERING Stap 5. Die gebruik van tegnolo­ gie om gewasgroei tydens die seisoen te monitor Hierdie stap is ter ondersteu­ning van voedings- asook plaag- en on­kruidbestuur tydens spesifieke gewasstadia. Afstandswaar­ne­ mings­­tegno­logie kan ook gebruik word om skade deur hael, wind of vloedwater te bepaal. > VERVOLG OP BLADSY 18 Figuur 6. Voorbeeld van variërende kalktoedingskaart. Figuur 7. Die kalktoedieningskaart (links) wat elektronies gelaai word in die rekenaar van die trekker (regs). Figuur 8. Kalk met presisietoediening uitgestrooi. SENWES Scenario • AUG/SEP 2016 17